Stabilis March 2018 Stabilis Maart 2018 | Page 8

[dIepte] 8 Premier League soccer is now the long break highlight Over the years, English matric learners at Grey have had a particular interest in playing soccer at break. Usually the game was just a mixture of random boys in teams playing for the fun of it. But this year a group of learners came up with a system which is based on the current football leagues around the world, in which there will be a number of teams which will compete in a league. The league will be determined by a league table; 3 points will be gained from winning games and 1 from drawing a game. These games happen every long break. As soon as a team is scored against they are knocked out and must wait their turn in line until they get the chance to play again. If a game is still happening and the bell rings for the next period, the game is declared a draw. There was a window where captains of various teams could decide to transfer some of their players. A maximum of 9 players per team are allowed - 7 starting players and 2 substitutes. During the transfer window a lot of trans- fers were made and the boys built up their teams to be the best they could be with a strategic sense of how they try to outclass their opponents. The transfer window ended on the 23rd of February. This initiative from the boys has showed a sense of innovation. They are even trying to take it further by creating social media accounts on the league, so make sure to check it out on Instagram. The boys who are competing will try to do the best they can in the league and will try to honour their teams and hopefully, win the league to earn full bragging rights. - JUAN MILNE STABILIS Grey Kollege Sekondêr Maart 2018 sTaBILIS S Mooiweer en spoke word voorspel Koshuisbrakke is dalk nie die enigste inwoners nie ... Murray-huis lyk effens spookagtig op ‘n reënerige somersaand. Die koshuis het nie net gees nie, maar ook geeste! ‘n Paar gesigte op die stokou foto’s teen die koshuismure, is skynbaar nog besig om Grey se nalatenskap te bewaar... Moenie dink die spoke is skaam nie. Dink maar aan Murray- huis se bewegende appèlsaalstoele of Brill-huis se flikkerende ligte. Mnr Ingo Machts het al gedurende vakansies stemme in die koshuis gehoor, deurgestap en geen lewende siele gevind nie. Leith-huis is na bewering die eintlike spookhuis. In ‘n onderhoud met voormalige koshuisvader, mnr Dries van der Wal, vertel hy oor sy ontmoetings met Lady Grey. Daar word gespekuleer dat Lady Grey, Florence Meiring kan wees. Jock Meiring (oudskoolhoof) se vrou, Florence, het destyds as verpleegster in die ou koshuis gewerk. Het die gekerm van siek seuns dalk vir haar te veel geword? Mnr Van der Wal vertel hoe iets hom een nag in sy slaap verwurg het en toe hy omkyk, kon hy haar op sy rug sien. Hy het ook een Foto: Argief middernag sy vrou hoor gil omdat die spook in hulle bed gelê het. Hy beskryf Lady Grey as die bolyf van ‘n ou vrou in ’n wolkerige gedaante. Gelukkig rig sy nie fisiese skade aan nie, maar veroorsaak ’n paar nat kolle hier en daar. Die huidige huisvader, mnr Juan van den Berg, kan ook van Lady Grey getuig. Op sy eerste dag aan diens het hy teen middernag besluit om deur die donker koshuis te loop, om te kyk of seuns probeer uitglip en ’n deur sien beweeg. Toe hy nader stap, kon hy sy nekhare voel regop staan. Sy was daar... Daar was ook die keer toe sy glas water een nag val en toe hy wakker skrik, was daar ’n vreemde spookagtige geluid in die kamer. Hierna kon hy sy kassleutel hoor klingel en toe gaan die deur oop. Vra die koshuisseuns gerus oor hul eie ontmoetings met die spook. Dit is genoeg om enige toekomstige koshuisbrak behoorlik skrik op die lyf te jaag. Lady Grey het al vele vorige generasies bespook en sy is duidelik hier om te bly... - WALDO REINACH Saalperiodes is waar die skool se hart klop Soos elke Grey-seun weet, is die saal die hartklop van die skool en saalperiodes die weeklikse hoogtepunt vir vele. Die week se belangrikste nuus, sportuitslae en alle reëlings word gewoonlik met groot afwagting en opgewondenheid begroet. Dit is natuurlik die saamsing wat ons veral as ‘n eenheid saamsnoer. Wat saalperiodes egter uniek en spesiaal maak, is die gassprekers wat hul insig en ervarings met ons kom deel. Elke persoon benodig nou en dan motivering en aanmoediging om die stampe en stote van die lewe te kan bemeester. Brian Tracy, motiveringspreker van Amerika, het die volgende boodskap met die leerders gedeel: “No one lives long enough to learn everything they need to learn starting from scratch. To be successful, we absolutely, positively have to find people who have already paid the price to learn the things that we need to learn to achieve our goals”. Ons was bevoorreg om die afgelope tyd ‘n verskeidenheid gassprekers by die skool te verwelkom. Bekende sportsterre, akademici en motiveringsprekers het om die beurt die Grey-seuns se lewens in die saal kom verryk. “Om te kan leer uit ander se ondervindings is goud werd,” sê Brian Tracy. Die Grey-seuns luister graag na ’n persoon met wie hulle kan identifiseer, iemand wat weet hoe ‘n Grey-seun se kop vasgeskroef is. Terwyl ons altyd waarde put uit die woorde van sprekers wat hoë hoogtes bereik het, is dit net soveel meer waardevol as dié boodskap uit die mond van ‘n oud-Grey kom. ’n Matriekseun aan Grey Kollege meen “’n oud-Grey weet mos hoe ons dink en wat vir ons belangrik is.” Dit is altyd fassinerend om na stories van voormalige Grey-manne se dae op skool te luister. Die saalperiodes in die heiligdom van Grey dra grootliks by tot die vorming van die finale produk. Sonder die bemeestering van die War Cry sal veral die junior leerders nie besef watter ongelooflike voorreg dit is om te staan waar legendes gevorm is nie. - BRENDAN RUDMAN Elke Grey-seun weet... die War Cry maak saalperiodes enig in sy soort. Foto: Argief