Stabilis March 2018 Stabilis Maart 2018 | Page 6

[RedaksIoNeeL] sTaBILIS S STABILIS Grey Kollege Sekondêr Maart 2018 6 Die uniekheid van die Grey-terrein stel nooit teleur nie Maak vir jou brandhout bymekaar terwyl jy die kans gegun word Aan die begin van elke jaar sien ons ‘n groep graad 8’s wat vir die eerste keer die Reüniesaal binnegaan terwyl koshuis en stad mekaar wys wie se stemme die hardste is. Baie beskryf die eerste dag in die Reüniesaal as “iets ongelooflik” of ander sukkel eenvoudig net om die woorde te kry om presies te beskryf hoe dit voel om vir die eerste keer die “Grey magic” te beleef. Die feit bly staan dat dit hiér is, in die hartklop van die skool, waar “Grey magic” en hoendervleis-oomblikke die meeste ervaar word. Die vraag wat baie mense, wat die skool vir die eerste keer besoek, vra is hoekom die seuns en oud-Greys die Reüniesaal as so ‘n heilige plek beskou? Baie meen dat dit spesifiek die plek is waar 1200 seuns onder een dak bymekaar kom en deur die woorde van hul liedjies bewys wat broederskap werklik bete-ken. Op papier is daar net soveel woorde om die gevoel en at- mosfeer in die Reüniesaal te beskryf; die beste beskrywing daarvan is egter om dit self te beleef. Oud-Greys wat die skool onlangs besoek het meen die seuns se dis- sipline tydens saal het aansienlik verbeter. Dit is iets waarvoor die matriek- groep van 2018 erkenning kan kry en dien as bewys dat hul groep se leuse, “Inspire the change” uitgeleef word. Verandering is tog wat gesien word. Die klas van 2018 het die GPL (Grey Premier League) vanjaar begin. Dié sokkerkompetisie word pouses gespeel en spelers kan gekoop of verkoop word en teken ‘n kontrak by ‘n spesifieke klub. Mnr Ingo Machts sê altyd ‘n mens moet brandhout bymekaar maak vir mens se oudag. Stories wat jy eendag vir jou kinders kan vertel, dinge soos die GPL of die skaap met die naam Tjoppie wat van die begin van die jaar af op die skoolgronde bly. Die belangrikste is om goeie herinneringe te maak en om die plek in ‘n beter toestand te los as wat dit was. Dit is nie altyd maklik nie, maar beslis die moeite werd. Ouers het waardering vir matriek-leiers Geagte Mnr Scheepers As nuweling in die skool vir beide myself en my graad 8-seun, het ek dit nodig geag om my gevoel met u te deel. Grey Kollege bestaan al baie jare en word deur baie geadmireer, verafsku of beny. Dus was ek aangenaam verras om te beleef dat die kultuur van onder meer ‘n ‘Grey Gentleman’ nie net ‘n slagspreuk is wat rondgegooi word nie maar wel toegepas word. Wat ek wel onder u aandag wil bring is watter ongelooflike impak die graad 12- of senior seuns op die graad 8-nuwelinge het. Nalatenskap word voortgesit RedakSIe 2018 Mnr Bobby Joubert deel sy rugby-visie KERNREDAKSIE Gunstelinge: Kos: Seekos Paella Fliek: The Shawshank Redemption Restaurant: Bientang’s Cave Hermanus Leier: Nelson Mandela Quote: A great attitude becomes a great mood, Which becomes a great day, which becomes a great year, Which becomes a great life Tydverdryf: Nadat ek ‘n draffie gevat het om my voete op te skop en televisie te kyk. Mnr Bobby Joubert en Kolbé Kolver geniet 6 Cokes op die Tuckshop-stoep. Foto: Eric Diswane Wat is u doel en visie vir Grey-rugby in die jaar 2018? Dit is vir Grey Kollege-rugby om op die hoogste vlak te presteer op nasionale en internasionale vlak (Die eerstespan speel vanjaar teen spanne van Engeland en Nieu- Seeland). Wat sal u verander of verbeter aan die huidige rugby- stelsel by die skool? Daar is nie veel om te verander as ‘n reeds gevestigde top-skool nie. Ek sal wel meer aandag gee aan die volgende rugby-strukture: werwing, mediese sisteme, video- analise en kultuur. Ek sal ook graag alle rugby-strukture wil hersien en verbeter om sodoende die hoof van afrigting, Wessel du Plessis, los te maak om te konsentreer op afrigters en afrigting. Mnr Bobby Joubert, voormalige hoofafrigter van Durbell Rugbyklub, asook hoofafrigter van die DHL WP sewes-span, keer na 18 jaar terug na Grey Kollege om sy nalatenskap voort te sit. Mnr Joubert, wat in 2000 aan Grey gematrikuleer het en menige kere in die eerstespan-trui uitgedraf het, neem die posisie as direkteur van rugby by die skool in. My seun was in absolute verwondering oor die manier waarop die seuns hulle dagtake uitvoer. Engels druk dit vir my beter uit, deur: “the way they go about themselves”. Elke woord, optrede, reaksie en liggaamshouding word deur die jonger mannetjies ontleed en as ‘n standaard vir optrede aanvaar. Graad 8-ouer Hoofredakteur Kolbé Kolver Subredakteur: Nuus Rele Tsoai Subredakteur: Sport Ferdinand Ferreira Subredakteur: Diepte Henko Delport Subredakteur: Joernaal Carel Greyling Subredakteur: Kultuur Valerio Cirelli Subredakteur: Eindkontrol Dapper de Wet Hooffotograaf Eric Diswane NUUSREDAKSIE Travis Janbroers Nico du Plooy Vladik Seagreen Philip Pretorius Wiesner Hechter Benson Wu Chad Jongbloed Joshua Lowe Leabua Seromo Nicolaas Wipplinger Du Bruyn Groenewald SPORTREDAKSIE Henko Delport Pieter Smith Gustav Pieterse Daniel Edwards Ferdinand Ferreira Bernhard Bührmann DIEPTEREDAKSIE Wat is u beste herinnering vandat u by Grey aangekom het? Toe ek vir die heel eerste keer Bloemfontein sien en voor Brill-huis afgelaai word met ‘n splinternuwe krieketkolf. Is daar ’n spesifieke boodskap / slagspreuk wat u graag aan die seuns wil laat? “Once you stop learning, you start dying.” sTABILIS - Contact STABILIS at: P.O. Box 13001, Brandhof, 9324 or e-mail: [email protected] Dapper de Wet Juan Milne Brendan Rudman Rocco Steyn Bernard Scheepers Waldo Reinach KULTUURREDAKSIE Berlou Myburgh Dirkie Laas JOERNAALREDAKSIE Nathi Mosala JP Jacobs KUNSTENAAR FOTOGRAWE Eduard Buchner Daniël Marais Stefan Verhoef