Stabilis March 2018 Stabilis Maart 2018 | Page 10

uITsLae 10 ATLETIEK Grey Kampioenskap EERSTE PLEKKE (geselekteer) Tat Botha o/14 Diskus 50,13m (nuwe rekord) Tat Botha o/14 Gewigstoot 15,38m (nuwe rekord) Gunter van Rensburg o/14 Hamergooi 29,85m (nuwe rekord) Ethan Muller o/14 100m 11,43s DJ Liebenberg o/15 Diskus 56,62m DJ Liebenberg o/15 Gewigstoot 16,06m Lucky Moleyane o/15 200m 22,73s (nuwe rekord) Stanley Roberts o/15 1500m 4m54,55s (nuwe rekord) Tielman Nieuwoudt o/16 Gewigstoot 16,15m Nabo Sokoyi o/16 Driesprong 11,77m (nuwe rekord) Joubert Schoeman o/17 100m 10,73s Wicus Vosloo o/17 110m hekkies 14,77s MD Laubscher o/19 100m 10,56s Herman Agenbag o/19 Gewigstoot 16,67m Jannes Schlebusch o/19 Spiesgooi 64,39m (nuwe rekord) FINALE UITSLAG Stad: 721 punte Koshuis: 851 punte [sPorT] STABILIS Grey Kollege Sekondêr Maart 2018 sTaBILIS S Philip Henning behaal sy beste prestasie Posisie op wêreldranglys vir juniors verbeter aansienlik Philip Henning in aksie tydens ‘n internasionale toernooi in Afrika. Hy is tans die Afrika-kampioen. Philip Henning, Grey Kollege se nommer-een-tennisspeler, het uit- muntend presteer toe hy vanaf die 20ste tot die 27ste Januarie 2018 aan die Junior Australiese Ope deel- geneem het in Melbourne. Slegs die eerste 64 spelers op die wêreldran- glys vir o/18-spelers het die voorreg gehad om aan dié wêreldbekende toernooi deel te neem. Dit was sonder twyfel ook Philip se beste prestasie van sy loopbaan tot dusvêr. Tydens hierd- ie toernooi het hy daarin geslaag om te vorder tot in die derde rondte (rondte van laaste16) van die enkel- spel. Op sy pad na die derde rondte het Philip oorwinnings behaal oor beide die 25ste en 9de gekeurde spelers op die wêreldranglys. In die dubbelspel het Phil- ip saam met Andrew Paulsen van die Tseggiese Republiek, tot die kwarteindrondte deurgedring. Danksy hierdie prestasie van Philip by die Australiese Ope is hy tans 57ste gekeur op die wêreldran- Foto: Verskaf glys vir o/18-spelers. Philip sê: “Die oorwinnings wat ek behaal het oor van die wêreld se beste spelers maak ‘n groot ver- skil in my uitkyk en benadering in hierdie groot toernooie. Ek het ge- sien ek hoef vir geen van hierdie top-spelers terug te staan nie.” - GUSTAV PIETERSE Waterpolo bly steeds ‘n veeleisende sport Travis Janbroers, eerstespan-water- polo-speler, sê: “Grey se waterpolo is ‘n krag om mee rekening te hou. By die eerste toernooi van die jaar, die Grey Kollege ITEC o/18-toernooi, het die eerstespan wel 8ste geëindig by ‘n baie kompeterende toernooi. Grey High van Port Elizabeth het as wenners uit die stryd getree tydens hierdie toernooi. Volgens Travis het die tuisspan die onders- teuning van die skool deur die loop van Vrydag waardeer en sê dit mo- tiveer hulle om die beste te speel en hulle skool trots te maak. Die eerstespan bestaan uit ses matrieks, wat baie positief is oor die toekoms van Grey se waterpolo en oor die belowende spelers wat hulle kan opvolg. Travis stem saam met ‘n onlangse studie dat water- polo een van die moeilikste sporte tans in die wêreld is, maar sê ook dat niks by die gevoel kom van suk- ses in die water nie! Sukses in waterpolo kom nie vanself nie. Dit gaan saam met harde werk en baie ure se oefening. ‘n Waterpolo-seisoen is ‘n seisoen van vroeë oggende, toere weg van die huis en in baie gevalle, laat mid- dae en aande. Beide Travis en mnr Nico Ven- ter, hoof van waterpolo by die skool, Die eerste waterpolospan neem baie gereeld op die hoogste vlak aan toernooie deel en presteer bevredigend. Foto: Verskaf sê dis een van die die top-toernoo- ie in die land, en is baie dankbaar vir al die borge, die ouers en die ondersteuners. Mnr Venter sê: “Ons is steeds baie opgewonde oor die toekoms van Grey se waterpolo en voel dat daar baie talent in beide die o/14 en o/15-spanne is. Die uitslae van hierdie spanne bevestig mnr Venter se opgewon- denheid. By die Crawford- en Jason Murray-toernooie, het die o/14- span onderskeidelik silwer en brons medaljes verower. Hierdie span ver- staan mekaar se spelpatroon. Dit is die eerste keer in Grey se onlangse waterpolo-geskiedenis dat ’n span in opeenvolgende toernooie onder die top 3 eindig. Die skool het tans die meeste juniors wat Grey al gehad het en die gewildheid van waterpolo by Grey styg definitief. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat waterpolo al by die laerskool as ‘n sport geïden- tifiseer word. Mnr Venter glo dat met die nodige kundigheid op af- rigtingsvlak, Grey binnekort deel van die Top 10 skole in die land kan wees. Wat natuurlik ook waar is, is dat waterpolo as ‘n somersport eintlik as ideale voorbereiding dien vir wintersporte soos rugby en selfs sokker. Waterpolo sorg vir soepel- heid en ‘n baie goeie algemene vlak van fiksheid. - WJ MARAIS