Stabilis June 2018 Stabilis Junie 2018 | Page 8

[dIepte] 8 Grey Way teaches raw young men to be gentlemen The Grey Way is a series in which new learners are welcomed into the school and are taught the ways of becoming a Grey gentleman. The Grade 8 group has the opportunity to learn the “basics” of Grey from people to whom the success and growth of the school literally means the world. It was made clear that when a Grey Boy wears his blazer, he puts differences aside to become one with his fellow Grey brothers. Thus, in the long run the Grey Way should be of immeasurable value to the school. It was once said by former headmaster, Mr Johan Volsteedt, that a Grey gentleman does not need rules. The only value that defines a Grey gentleman is respect. We are taught that alignment and unity play a big role in becoming part of the Grey family. According to Mr Craig Steyn, language teacher, the Grey Way is a lifestyle where learners and staff learn to sacrifice personal gains or desires in order to benefit the school. This programme has the potential to solidify the true character of the school so that, hopefully, future generations will still be able to showcase the values the school was originally built on. Mr Steyn adds that he would love to see every learner and staff member committed to the entire Grey Way and not just the parts or areas they like or are involved in. “I think that in time the success of the Grey Way will be able to be measured by how unified the school becomes, how much we live, do and sacrifice for those around us to ultimately have the school reach heights it has never done before.” - TONI CATA STABILIS Grey Kollege Sekondêr Junie 2018 sTaBILIS S Draer van goeie tye kry nuwe baadjie Opgegradeerde Tuck Shop val nie in almal se smaak nie Kom koop jou kos - daar sal altyd Coke en ‘n doughnut wees. Die legendariese Tuck Shop is beslis die bymekaarkom- en kuierplek vir talle Grey-seuns, oud-Greys en sommer die res van die Grey-familie. Vir etlike jare word vriendskappe hier gebou en stories gedeel. Word die tradisionele spyskaart gemis? Bring die gebou met sy hedendaagse afwerking nog heimwee terug? Of is dit nou net ‘n snoepwinkel soos by ander skole? Die huidige Tuck Shop, langs die welbekende Fischer- tuin, is op 11 Mei 1984 amptelik geopen en ingehuldig, na afloop van die verskuiwing vanaf die oorspronklike staanplek, vandag bekend as Eunice-gronde. Die ikoniese geboutjie het gedurende die loop van 2017 talle opgraderings ondergaan, gegrond daarop om die veiligheid van die gebou op te skerp. Terwyl talle beweer dat die gebou sy persoonlikheid met die opgradering verloor het, is die moderne voorkoms tog vir mense aanloklik. Tydens ‘n meningsopname onder leerders is bevind dat 91% van leerders die “ou Tuck Shop” verkies. Foto: Daniël Marais Leerders spreek hulle menings uit gegrond op hoër pryse en ‘n gebrek aan tradisie en daar blyk ’n verlange onder die leerders na die vorige spyskaart te wees. Is dit slegs die heimwee en vrees vir verandering wat hierdie leerders takel? Die leerders wat wel ten gunste van die verandering is, voel die opset is meer georganiseerd, beter diens word gelewer en dat dit, tot ‘n mate, meer verbruikersvriendelik is. Die opname het verder bevind dat seuns die Tuck Shop heelwat minder besoek. 64% van seuns wat aan die opname deelgeneem het, het te kenne gegee dat hulle die Tuck Shop, voor die opgradering meer gereeld besoek het. Daar is nou slegs een snoep- winkel en nie meer ‘n keuse tussen Grey Together en die Tuck Shop nie. Dit kon gelei het tot die hoër pryse weens die monopolie. Grey-seuns is sterk gekant teen die opgraderings. 82% van leerders wat aan die opname deelgeneem het, voel dat die Tuck Shop nie meer die karakter van voorheen uitbeeld nie. - DAPPER DE WET Mannekamp is ’n belewenis vir elke leerder Die Mannekamp is ‘n Christelike kamp wat deur oud-Grey-leerders aangebied word. Hierdie jaar se mannekamp is tydens die naweek van 20-22 April by Villa Avianto aangebied. Pieter-Jan Eloff sê die doel van die kamp is vir die jong en ouer manne om tyd saam deur te bring en om vir die oud-Grey-manne die geleentheid te bied om wyshede en insigte met die jonger generasie te deel. Om die leerders van dit wat hulle op skool graag sou wou weet in te lig en sodoende die pad vorentoe vir hulle gladder te maak. Dié jaar se kamp was baie suksesvol en die leerders het baie geleer en goeie herinneringe is sonder twyfel gemaak. 25 leerders het die kamp bygewoon en 8 oud-Greys was aan stuur van sake. Deur die loop die naweek is daar lofprysing gehou en sessies, waartydens die oud-leerlinge getuienisse gelewer en lewenswenke gedeel het, is aangebied. ’n Variasie van opwindende groep-aktiwiteite is gedurende die dag aangebied en leerders kon ook individuele tyd met die leiers deurbring, om oor dieper onderwerpe te gesels. Kostes het R300 beloop en vervoer vir die seuns was beskikbaar. Saans is daar koffie gedrink en verversings geëet, terwyl goeie stories van tóé en nou uitgeruil is. Daar is veral lekker om die kampvuur gelag toe die oud-Greys vertel wat hulle alles tydens hul skooldae aangevang het... Kyle de Villiers meen: “Die kamp was ’n ongelooflike ervaring en ek het baie gegroei in my menseverhoudings. Dit het gevoel asof ek deel van ‘n broederskap is. Ek het die naweek werklik geniet.” Hy moedig die Grey-leerders onomwonde aan om die geleentheid volgende jaar by te woon en self te beleef watter spesiale naweek die Grey Mannekamp is. As jy ’n geleentheid soek om vriendskappe te smee wat ’n leeftyd sal hou en uit te vind wat vorige generasies op die skoolbanke aangevang het, terwyl jou geestelike lewe sommer ’n goeie hupstoot kry, is die Grey Mannekamp beslis ’n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie. - WALDO REINACH Seuns is meegevoer deur ‘n kampleier se toespraak. Foto: Waldo Reinach