Stabilis June 2018 Stabilis Junie 2018 | Page 2

korTNuus 2 Maak toe die gat in die vraestel-dam Leerders het tydens die Junie- eksamen interne vraestelle geskryf in plaas van die departementele vraestelle wat verskaf is. Die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) is standaard nasionale assessering vir tale en wiskunde. Die vraestelle en memorandums word aan skole voorsien deur die Nasionale Departement van Basiese Onderrig en skole beheer die skryf van die toetse sowel as die moderering daarvan. Die rede vir die skryf van interne vraestelle is dat die ANA-vraestelle gelek het en tussen die leerders versprei is. Die skool het vroegtydig ekstra vraestelle opgestel vir ingeval so iets gebeur. Die eksamen- rooster het onveranderd gebly, soos dit vir departementele vraestelle sou wees. Nie al die toetse was interne vraestelle nie. Die graad 11’s se fisiese wetenskappe vraestel was nog steeds depar- tementeel. Matthew Nel, ‘n graad 11-leerder, sê hy sal eerder Grey se vraestelle skryf omdat hy weet dat die vrae sal kom uit die werk wat hulle in die klas behandel het en dan kan die onderwyser hulle beter help om voor te berei vir die toets. Hy dink dat die moeilikheidsgraad van die vraestelle hoër is as dié van die Grey-vraestelle. Matthew sê: ”Toegang tot die departementele vraestelle is te maklik en leerders verkry die inligting met min moeite. Kontrole oor die vraestelle moet strenger wees, veral aangesien ons departementele vraestelle aan die einde van die jaar moet skryf.” - VLADIK SEAGREEN [Nuus] STABILIS Grey Kollege Sekondêr Junie 2018 sTaBILIS S ’ The ties that bind us’ are plentiful Each activity at school has a unique but definite identification A wide variety of ties grace not only the walls, but the collars of learners who deserve it. “A well-tied tie is the first serious step in life.” (Oscar Wilde) The gents at Grey College certainly agree with this as it is our custom to wear our ties “seriously” from the moment we become Grey boys. Tradition states that various ties other than the official Grey uniform tie may be awarded to individuals who excel in academics, sport and/or cultural activities. Matrics and prefects also proudly boast unique ties, well-deserved after five years at the College and as the seniors of the school. These ties may be proudly worn with their white shirts on special occasions. Two brand new ties have recently been introduced to the cultural side of Grey College as learners excelled in the areas of debating and drama. Last year proved to be an exceptionally successful year for both the debating, as well as the drama sides, as our Afrikaans and English debating teams took part Photo: Archive on provincial and national levels. On the stage Grey participated in the A.T.K.V Tienertoneel and every boy who was involved in this prestigious event qualified for a drama tie. “A gentleman can never have too many ties”. (Justin Timberlake) - JOSHUA LOWE Een sakkie bloed red drie mense se lewens Grey Ball word vir eers uitgestel Op 20 Maart het die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) Grey Kollege besoek. Veertig eenhede bloed is ingesamel. Dit klink met die eerste hoorslag na min, maar hou egter in gedagte dat daar met een sakkie bloed, drie mense gehelp kan word; dus is ‘n totaal van 120 mense gehelp. Die bloed word verdeel in drie dele, naamlik rooibloedselle, bloedplaatjies en bloedplasma. Verskillende mense word gevolglik met een skenking behandel en gehelp. Bloed kan nie lank geberg word nie, daarom is dit van kardinale belang dat jy gereeld skenk. Righard Swanepoel het erken dat hy ook maar skrikkerig was aan die begin, maar dat dit glad nie so erg was nie. Die Ball is gekanselleer omdat kaartjieverkope nie die teiken bereik het nie. Die Ball, wat gewoonlik ‘n hoogtepunt op almal se kalender is, moes verskuif word na volgende kwartaal. Brian Kershaw sê hy praat namens die meerderheid van die matriekgroep as hy sê dat die Ball te duur was en dat hulle nie van die idee van ‘n formele ete gehou het nie. Stabilis het ook vrae aan die Ball-komitee gerig. Die rede vir die besluit om ‘n formele ete te hou was omdat daar druk op die Ball-komitee was; die skool se kultuurkomitee het versoek dat die Ball meer formeel moet wees. Die Ball sou soos ‘n aansit-dinee wees en dus moes spyseniers gebruik word. In die verlede is kitskos- Grey is ‘n skool wat gaan oor meer as net prestasies. Grey is ‘n skool waar ons vir ons medemens Brian Kershaw maak ‘n sakkie vol. omgee. Skenk bloed en red ‘n lewe. Of drie! - DE BRUYN GROENEWALD Foto: Eric Diswane plekke se dienste gebruik wat baie goedkoper was – en dit is dus die rede hoekom die kaartjies so duur was. Volgende kwartaal se Ball word beplan as die ‘groot een’ om op te maak vir die gekanselleerde Ball. Aangesien dit die matrieks se laaste een sal wees, oorweeg die komitee ‘n live band om vir ‘n rukkie te kom optree. Die geleentheid sal ook nie weer ‘n formele Ball wees nie. Daar word oorweeg om dit in die Reünie- saal te hou. Me Alri Prinsloo help die Ball-komitee en met haar vroulike aanslag gaan hulle die Ball weer ‘n sukses kan maak. Die volgende Ball word vir dieselfde naweek as die Paul Roos interskole beplan, sommer om die jaar se rugby op ‘n formele noot af te sluit. - NICO DU PLOOY ‘n Legende in sy tyd verlaat sy vormingsplek vir ‘n heel nuwe Kaapse avontuur Na 11 jaar se toegewyde diens aan Grey Kollege het mnr André Bester besluit om sy horisonne te verbreed nadat hy onlangs ’n pos by die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal aanvaar het. Mnr Bester is opgewonde oor die nuwe hoofstuk in sy lewe en sien uit om die Wes-Kaap saam met sy vrou, Ankia, en hul dogtertjie, Ané, aan te durf. Mnr Bester is sedert 2008 ’n onderwyser aan Grey Kollege in die Afrikaans Departement en het oor die jare sy staal by verskeie buitemuurse aktiwiteite gewys. Hy het in 2009 amptelik ’n koshuisbrak geword toe hy by Leith-huis ingetrek het. Mnr Bester is ’n gunsteling onder die seuns en Murray-huis, waar hy sedert 2017 woonagtig is, sal nie dieselfde sonder hom wees nie. Mnr Bester sê dat hy dit altyd baie geniet het om die seuns in die klaskamer en in die koshuis te leer ken en dat hy die bogpraatjies baie gaan mis. “Ek hoop ook die Kaap hou van braai, want dit is wat ek graag in my vrye tyd doen, veral wanneer ek so bietjie van die nasienwerk wil ontsnap,” skerts hy. Die Kaap is sekerlik ook die ideale plek om sy liefde vir langafstand-hardloop uit te leef. ‘n Mens hoef nie ver te soek vir ‘n berg of ‘n bult nie. Mnr Bester se liefde vir sport en die afrigting daarvan sal definitief ook vir die Hoër Landbouskool Oakdale ‘n besondere aanwins wees. Dit is te verstane dat dit vir mnr Bester ‘n geweldige groot en moeilike besluit was om te neem, maar ten opsigte van sy persoonlike en professionele lewe, is dit eenvoudig voor die hand liggend dat hy die aanbod moes aanvaar. Benewens alles het hy nog familie wat in Stilbaai woon. “Ek sal die Grey-waardes elke dag in die toekoms uitleef en die lewenslesse wat ek hier geleer het, sal vir altyd gekoester word.” - NICOLAAS WIPPLINGER