Stabilis June 2018 Stabilis Junie 2018 | Page 10

uITsLae 10 Inter Schools PAARL BOYS [sPorT] STABILIS Grey Kollege Sekondêr Junie 2018 sTaBILIS S Fietsryers maak skoonskip op Paarl-berg Mooi omgewing spoor span aan om beste prestasie te lewer RUGBY Eerstespan wen 34-20 Cherries verloor 16-36 Derdespan wen 26-25 Vierdespan verloor 7-28 Vyfdespan verloor 14-26 Sesdespan wen 26-13 Sewendespan verloor 13-19 Agtstespan verloor 21-42 Negendespan verloor 12-31 Tiendespan wen 22-20 o/16 A wen 31-10 o/16 B wen 31-7 o/16 C verloor 0-29 o/16 D wen 17-14 o/16 E verloor 0-20 o/16 F verloor 6-20 o/15 A wen 26-18 o/15 B verloor 10-18 o/15 C wen 11-5 o/15 D verloor 7-10 o/15 E verloor 22-25 o/14 A verloor 6-10 o/14 B wen 47-5 o/14 C wen 38-7 o/14 D wen 37-7 o/14 E wen 21-17 HOKKIE Eerstespan wen 5-0 Tweedespan wen 7-3 Derdespan wen 3-0 Vierdespan wen 6-0 o/16 A wen 3-0 o/16 B wen 2-1 o/16 C wen 4-0 o/16 D wen 5-2 o/16 E wen 1-0 o/14 A wen 1-0 o/14 B wen 5-0 o/14 C wen 4-0 Marnus Prinsloo het as junior deelnemer uitstekend presteer deur die senior afdeling te wen. Die skool se Bergfiets-span het reeds vroeg in die jaar ‘n hele paar groot byeenkomste agter die rug en kan tevrede voel met hul prestasie. Een van die hoogtepunte van die jaar en iets waarna die hele span uitgesien het, was sonder twyfel die interskool-kragmeting teen Paarl Boys High in die Paarl. Die wedren het plaasgevind op en rondom Paarl-berg naby die Afrikaanse Taalmonument. Mnr Juan van den Berg, hoof van Bergfiets by die skool, sê: “Die roete was sirkelvormig en het bestaan uit 12 tot 16 rondtes, afhangende van die betrokke ouderdomsgroep, van min of meer 2km. Die hele wedren duur onder normale omstandighede ongeveer ‘n uur en 20 minute.” Marnus Prinsloo was een van die grootste uitblinkers by die kompetisie. Hy het daarin geslaag om die senior afdeling te wen, al neem hy eintlik nog as ‘n junior deel. Die o/14’s en o/16’s het aan die junior kompetisie deelgeneem, Foto: Verskaf terwyl die o/18’s meegeding het in die senior afdeling. Mnr van den Berg sê: “Die manne se prestasie kan as puik beskou word, veral gesien in die lig dat twee van ons top-ryers, Dawie Grobbelaar en Evan Louw, nie teenwoordig was nie. - WALDO REINACH Onervare muurbalspan verbeter steeds Grey se eerste muurbalspan het gedurende die afgelope April- vakansie deelgeneem aan die St. Stithians Paasfees Toernooi. Die span is ‘n baie jong span en sluit slegs een matriek leerling, die kaptein Wico de Kock, in. Ten spyte daarvan het die span steeds goed presteer deur Helpmekaar met 6-0, St Stithians met 5-1 en SACS met 4-2 te klop. Verskeie van die span se spelers speel vir die Vrystaatspan in hul onderskeie jaargroepe in die jaarlikse Interprovinsiale kompetisie en die kaptein, Wico de Kock, is op die kortlys om ingesluit te word in die Senior Vrystaatspan, ‘n besondere prestasie. - GUSTAV PIETERSE Janco van Vuuren en Sage Georgiou op die baan. Foto: Verskaf Toewyding en harde werk lei tot sukses in die swembad “What the mind believes, the body achieves.” Met ‘n lewensuitkyk soos dié van Luan De Waal, ‘n uitstaande swemmer in Graad 10, bestaan daar geen twyfel dat hy van krag tot krag sal gaan in die sport van sy keuse nie. In ‘n onderhoud met dié talentvolle swemmer, het hy verduidelik hoe die leer van sukses in swem werk. Luan sê: “Swem wat as ‘n kompeterende sport beoefen word, word in verskillende vlakke opgedeel met Vlak 1 as die ‘maklikste’ en Vlak 3 die ‘moeilikste’ met die strafste kompetisie. Daarna beweeg jy aan na die nasionale kompetisies en uiteindelik na die Commonwealth Games en natuurlik die Olimpiese Spele.” Luan het al vele prestasies behaal, maar wat hy as sy hoogste prestasie ag is om te kwalifiseer as “Youth elite”-swemmer by die Senior Nasionale Kampioenskap, wat eintlik net vir deelnemers bo 18 jaar bedoel is. Daar het hy ‘n 18de plek behaal in die 50m-borsslag en 20ste plek met die 100m- en 200m-borsslag. Luan sê: “Ek het in graad 6 begin swem toe ek die geleentheid kry het. Dit was net nadat ons Bloemfontein toe getrek het. Swem is nog altyd ‘n passie vir my.” Binne die seisoen oefen hy nege maal per week, wat sessies in die oggend en die middag insluit. Hierdie sessies wissel tussen 6km tot 11km wat op ‘n daaglikse basis geswem word. Luan se droom en einddoel is om eendag ‘n medalje te verower by die Olimpiese Spele. - W.J. MARAIS