Stabilis December 2017 STABILIS December 2017 | Page 7

s sTaBILIS True leaders do not need a title to lead There has been considerable controversy regarding the fairness of the prefect election system. Many people feel that the true leaders aren't chosen, but rather the more “popular” pupils. For example, there have been cases where prefects and even school captains' ties have been taken away due to inappropriate behaviour. In a grade of +/- 250 learners, where there can only be 32 prefects, it is impossible to keep everyone happy. Many great leaders are not elected. However, this should not deter anyone; bear in mind that when you are a born leader, you do not need a title to lead. Being a prefect simply gives you a title but being a leader is a choice. Pupils tend to forget that not being elected as a prefect does not grant you a pass to behave as you wish. If you weren't elected you should behave in the same manner that you would have if you had been elected as a prefect. Because that is what truly defines a leader. The Grey community should also keep in mind that there is no such thing as the “perfect leader.” Everyone makes mistakes from time to time. Being a prefect or school captain isn't all fun and games as people tend to think. This is quickly realised annually by the school's new leaders. Their work has been cut out for them and they have big shoes to fill. The only thing we can do is help them and support them in tackling their gigantic task. In the end the only thing that allows a matric group to have a Grey't year, is their capacity to work together. That is why people should not dwell on the occurrences of the past. The Class of 2018 needs each and every Grey boy to buy into the system and to cooperate in order to give the school one of its best years yet. - ROCCO STEYN STABILIS Grey College Secondary December 2017 Oud-Greys herken mekaar wêreldwyd 7 Unieke manier om kamerade te groet is amper 100 jaar oud Besonderse handdruk is deel van die Grey-tradisie. Die Grey-shake is Grey-seuns, Oud- Greys en onderwysers se unieke manier van groet, wat al meer as 'n 100 jaar deel van die Grey tradisie is. Volgens Japie Steyl, skoolkaptein in 1927, word die Grey-shake vanaf 1924 in praktyk gebruik. Daar is baie beweringe oor waar die Grey-shake vandaan kom maar die mees algemene legende is dat dit die embleem van ʼn Franse swaard was wat blykbaar in Bloemfontein aangebring is deur ʼn soldaat, wat tydens die Eerste Wêreldoorlog in Frankryk diens gedoen Foto: Eric Diswane het. Dit is onbekend oor wie besluit het dat dit by Grey as algemene manier van groet gebruik moet word. Nuwelinge moet eers verdien om op dié wyse jou mede Grey-leerders met die Grey-shake te groet. Na twee weke se oriëntering, word die graad 8's as Grey-leerders formeel ingewy tydens 'n saalperiode waarna hul vir die eerste keer dasse en baadjies mag dra. By hierdie geleentheid word hul ook vir die eerste keer met die Grey-shake gegroet as formele verwelkoming tot Grey Kollege. Die feit dat jy eers daarvoor Die huisie op die sirkel staan sedert 1930 Die SD Maree-gebou was vir baie jare die huis van alleenlopende mansonderwysers. Die SD Maree-gebou se hoeksteen is gelê op 27 Augustus 1930. Die gebou was gebruik as die finansieskantoor van die skool. Mnr SD Maree is as kassier, oftewel die hoof van finansies, aangestel van 1921 tot 1944. Hy het ook op die Skoolkommissie van beide Grey Kollege en Eunice gedien in die tydperk en was koshuisvader van Murray-Huis. Hy was geag en gerespekteer, 'n praktiese man met 'n goeie sin vir [IN depTH] humor. Hy het goeie besluitnemings- vermoë gehad, wat altyd goeie resultate opgelewer het. Volgens mev Estie Rossouw, Grey se museumkurator, was hy 'n groot gees in die geskiedenis van die skool, en veral by Murray-Huis, waar hy bekend gestaan het as “Faas” Maree. Daar is 'n groot aantal rekeningkundige rekords, soos kasboeke, in die Grey- museum, wat behoue gebly het vanuit Foto: Eric Diswane sy tyd as kassier van die skool. Volgens mnr Johan Volsteedt is die SD Maree-gebou alreeds in die tagtiger jare as verblyf vir inwonende onderwysers gebruik. Mnr Naresh Mahabeer bly sedert 2005 in die SD Maree-gebou. Die tuin is vir baie jare in stand gehou deur die matriarg van die bekende Klopper-familie, tannie Skat. - BERNDT SCHREUDER moet werk en moet deel word van die Grey-gemeenskap om op hierdie wyse te groet, maak dit net nog meer spesiaal. Volgens De Wet Marais in Graad 11 is die Grey-shake iets besonders. Hy sê ook dat dit ʼn hoendervleis ervaring is om ʼn ou oom wat jy nog nooit ontmoet het nie, ʼn Grey-shake te gee en dan met so ʼn eenvoudige tradisie, klaar soos familie te voel. Volgens ʼn groep Graad 8-leerders help die Grey-shake ʼn mens ook om deel te word en deel te voel van Grey. Dit was ook vir hulle ʼn ongelooflike gevoel toe hulle hul Grey vriende vir die eerste keer aan die begin van die jaar met ʼn waardige Grey-shake kon groet. Wêreldwyd ken oud-Greys mekaar uit aan hierdie unieke manier van groet. Mense sê graag: "Hoe weet jy iemand was op Grey? Hy sê jou." Alhoewel dit sowaar iets is om op trots te wees, is hierdie nie waar van alle oud- Greys nie en meeste oud-Greys toon slegs hul verbintenis aan die skool in die teenwoordigheid van mede oud-Greys met die Grey-shake. - HENKO DELPORT E-boeke bring verligting vir moeë rûe Leerders kan van volgende jaar af die keuse uitoefen tussen digitale hand- boeke en gedrukte handboeke. Hedendaagse skoolsakke, gelaai met handboeke, lêers en skryfboeke plaas ongesonde druk op ʼn leerder se rug. Met e-boeke sal die gewig van leerders se tasse uiteraard geweldig verminder en sodoende, ʼn gesonder ruggraat verseker. Jou handboeke sal altyd by jou wees, dus hoef leerders hul nooit te bekommer oor handboeke wat by die huis vergeet is nie. Mnr Paul Potgieter is egter van mening dat e-boeke nog nie gevorderd genoeg is om op skoolvlak prakties uitvoerbaar te wees nie. Om spesifieke, lukrake inligting op jou e-boek te vind, is ʼn veel groter taak as op ʼn normale handboek. Leerders se skermtyd sal ook eksponensieel vermeerder, aangesien ons amper ses ure aan akademie spandeer. As die skool volledig oorskakel na e-boeke toe, sal die voordele net vermeerder. In plaas daarvan dat onderwysers net los blaaie uitdeel, wat leerders altyd langs die pad kan verloor, kan hulle die blaaie elektronies vir leerders “uitdeel”. Onderwysers sal op hul skootrekenaar kan sien wanneer ʼn leerder die pad byster geraak het en hom dadelik na die regte bladsy verwys. Indien leerders wel besluit om oor te skakel na e-boeke, raai mnr Paul Potgieter die volgende toestelle aan: op android, ʼn Lenovo TAB2 (±R3300); op IOS, ʼn iPad 5 (±R5500). - BERNARD SCHEEPERS