Stabilis December 2017 STABILIS December 2017 | Page 6

[RedaksIoNeeL] STABILIS Grey Kollege Sekondêr Desember 2017 6 Inspire the change... Inspire the change you want Waaraan word 'n goeie jaar gemeet en wat is die vereistes om beskou te word as 'n "Grey't" jaar? Baie mense meet dit aan 'n onoorwonne rugbyseisoen of die krieket en ander sportsoorte se uitslae, die akademiese uitslae van die matrieks of hoe goed die jaarlikse Musiekfees was. Ander mense is van mening dat uitslae nie die enigste en definitief nie die deurslaggewende rol moet speel nie. Die een ding wat egter by Grey vir 162 jaar konstant gebly het, is die feit dat seuns van verskillende tale, gelowe of kulturele beginsels jaar na jaar vooruit streef in die beste belang van slegs een instansie, naamlik Grey Kollege. Soos wat die samelewing verander het, het Grey nog altyd die vermoë gehad om saam met dit te verander, mààr steeds seker te maak dat die waardes en tradisies van die skool behoue bly en dat dit selfs sterker word met verloop van tyd. Dít is tog sekerlik die maatstaf waaraan 'n goeie jaar gemeet moet word. Daarom het die klas van 2018 dit goedgedink om hul leuse vir die jaar, "Inspire the Change" te maak. Verandering vind daagliks om ons plaas; dit is nie noodwendig altyd iets wat almal aanmoedig nie, maar dit is noodsaaklik vir ons om hierdie verandering te omhels en die beste daarvan te maak. 'n Bekende aanhaling wat nogal gereeld gebruik word lui soos volg: "Wees die verandering wat jy in die wêreld wil sien." Albert Einstein het ook gesê: "The only thing necessary for evil to triumph is for good men to do nothing." Daarom is dit nodig om die verandering te inspireer en self die verandering te wees wat jy in die wêreld wil sien. Grey is 'n sportskool, kultuurskool en 'n akademiese skool van formaat, maar die belangrikste van alles: Grey is 'n leerskool. 'n Leerskool wat ons voorberei vir die lewe daar buite en die wêreld se geleenthede aan ons bied. Grey College is 1200 boys in the four corners of the best school in the history of man, this is an institution of 162 years of excellence and many more to come, this is one school, our school, Grey College. You are the master of your fate, you are the captain of your soul; so let's go out and inspire the "Greyt-ness" we want to see in the year of 2018. Oud-Grey besef die waarde van interskole Geagte redakteur Dit is werklik jammer dat die Bloem- fontein-skole- liga so agteruit boer. Ek verstaan dat verskeie Bloemfonteinse skole (sal maar nie name noem nie) nie meer teen Grey wil kompeteer op 'n jaarlikse basis nie. Dit raak natuurlik veral die laer spanne soos die C-, D- en E-spanne. Dit beteken dat hierdie spanne nie meer die geleentheid gebied word om elke naweek 'n wedstryd te speel nie. Ek verstaan verder dat die meeste van hierdie spanne so te sê slegs die bestaande interskool-wedstryde speel. Dit beteken in effek dat sommige spanne nie eens vier of vyf wedstryde per jaar speel nie. Dit het natuurlik 'n nadelige effek op die ontwikkeling van baie puik spelers se vaardighede en blootstelling aan kompetisie. Dit bring my by my punt: die Rocco Steyn is Grey se 'Chef de famille' Nuwe skoolkaptein streef na 'n hegte familie Gunstelinge: Rocco Steyn geniet 6 Cokes op die Tuckshop se stoep saam met Kolbé Kolver. Hoekom het jy besluit om Grey toe te kom? Ons het vanaf Australië na Bloemfon- tein toe verhuis en Grey was die voorhandliggende keuse. My pa was in Hoërskool Sentraal en hy het altyd daarvan gedroom om 'n 'Grey-Boy' te wees wat bygedra het tot die besluit, maar die passie en gees van die Grey- seuns het die besluit selfs makliker gemaak. Wat is jou visie en doel vir 2018? Dit is om te help skep aan 'n Grey Kollege waar elkeen se bydrae, maak nie saak hoe groot of hoe klein, saak maak. Om 'n gees van ware Grey-broederskap tussen elke seun en onderwyser te kweek, wat geen gelyke het in die wêreld het nie. Wat is jou grootse uitdagings en probleemareas vir 2018? Om elke enkele Grey-seun te kry om 'n liefde en trots vir hulle mede-Grey- leerders asook vir Grey Kollege te sTaBILIS S Foto's: Eric Diswane kweek, te handhaaf en uit te bou. Om almal sover te kry om saam te werk as een skool en as een familie. Laastens om nie slegs 'n veran- dering te skep nie, maar om 'n positiewe verandering te bewerkstellig wat sal voortgaan om die skool na die volgende vlak te neem. Beskryf die gevoel om jou naam te hoor as skoolkaptein vir 2018? Dit was so onwerklik, ek het nie woorde gehad nie. Ek knyp myself nog gereeld Kos? Pasta Fliek? The Blindside Eetplek? New York Leier? Sonny-Bill Williams Aanhaling? “Pressure is a privilege” Tydverdryf? Familie, rugby en vriende. net om seker te maak dat ek nie net besig is om te droom nie. Ek voel so geëerd dat my mede-leerders, die onderwysers en God, my die geleent- heid gegee het. Eerste woord wat in jou kop opkom as jy hoor: Grey: Familie; Class of '18:“The Best” Trots: Grey Krag vir volgende jaar: Om almal te wys wat Grey kan bereik. waarde van die interskole-naweke raak nou nog meer belangrik as ooit voorheen. Grey is nie in die gelukkige situasie (soos die Pretoria-skole en die skole in die Wes Kaap) dat puik kompetisie net om die draai wag nie. Interskole-opponente soos Affies en Paul Roos bly steeds die beste toets vir bykans al Grey se sportsoorte, en ek glo hulle voel presies dieselfde. Ons moet nie toelaat dat ons hierdie standaard van interskole verloor nie. - Grey-ondersteuner “4 life” REdaksIeLys 2017 KERNREDAKSIE Hoofredakteur Kolbé Kolver Subredakteur: Nuus Rele Tsoai Subredakteur: Sport Ferdinand Ferreira Subredakteur: Diepte Henko Delport Subredakteur: Joernaal Carel Greyling Subredakteur: Kultuur Valerio Cirelli Subredakteur: Eindkontrole Dapper de Wet Hooffotograaf Eric Diswane NUUSREDAKSIE Travis Janbroers Nico du Plooy Vladik Seagreen Philip Pretorius Benson Wu Wiesner Hechter Chad Jongbloed Joshua Lowe Nicolaas Wipplinger Leabua Seromo Du Bruyn Groenewald SPORTREDAKSIE Henko Delport Pieter Smith Ferdinand Ferreira Gustav Pieterse Bernhard Bührmann Daniel Edwards DIEPTEREDAKSIE Dapper de Wet Brendan Rudman Juan Milne Rocco Steyn Bernard Scheepers Waldo Reinach KULTUURREDAKSIE Berlou Myburgh Dirkie Laas JOERNAALREDAKSIE Nathi Mosala KUNSTENAAR JP Jacobs FOTOGRAWE STABILIS Contact STABILIS at: P.O. Box 13001, Brandhof, 9324 or e-mail: [email protected] Eduard Buchner Daniël Marais Stefan Verhoef