Stabilis December 2017 STABILIS December 2017 | Page 12

pool Grey Kollege Sekondêr BLOEMFONTEIN Grey College Secondary | www.gc.co.za JAARGANG | VOLUME 51 ∙ UITGAWE | EDITION 3 Top-spelers besoek Rusland Desember | December 2017 sPort 12 Franco Kriel en Mundus Grové het aan 'n toernooi in Moskou deelgeneem. Bladsy 10 tennis rugby PIENAAR KLIM DIE LEER VAN SUKSES Die eerste tennisspan slaag weer daarin om Grey-toernooi te wen. Bladsy 11 rugby 2017 lewer drie SA Skole-spelers Rikus Pretorius, Christopher Schreuder en Ruhan Greyling word ingesluit in die SA Skole-rugbyspan wat in drie toetse speel. Bladsy 10 Konstante werk word tóg beloon soccer Tournament proves that hard work will deliver results. Page 11 Official sponsor of Grey Rugby Pienaar van Niekerk se unieke prestasie behels dat hy nege uit die tien o/18-spanne verteenwoordig het. Pienaar van Niekerk is 'n briljante rugbyspeler, wat die eerstespan van Grey verskeie kere deur die jaar verteenwoordig het. Pienaar is een van min spelers wat in elke span by Grey gespeel het (o/18), met die uitsondering van die sesdespan. Volgens mnr Wessel du Plessis is hy nie bewus van enige ander speler wat al vanaf die die tiendespan opgeskuif het om later vir die eerstespan te speel nie. vivid designs 082 576 3143 Mnr Du Plessis is wel bewus van Cobus Reinach, wat sewendespan gespeel het en later opgetrek is na die eerstespan. Pienaar sê: “Dit was my droom vandat ek in graad 7 was om vir die skool se eerstespan te speel in my matriekjaar. Alhoewel ek nie fisies groot gebou was nie, het ek aanhou werk aan my spel sowel as my fiksheid op die Tommix-veld.” Pienaar glo dat 'n mens se ouers 'n baie groot rol in jou lewe speel. “My pa het my van kleins af ondersteun, maak nie saak vir watter span ek uitdraf nie. Hy het my gereeld herinner dat ek myself moet voorberei vir wanneer die geleentheid opduik”, sê Pienaar. Beide Pienaar en mnr Du Plessis sê dat spelers moet bly glo in hulle drome en hard moet werk aan basiese vaardighede en kondisionering; en dat die belangrikste Foto: Verskaf van alles is om in jouself te glo. Pienaar beskryf die gevoel wat hy ervaar het toe hy die voorreg gehad het om die eerste keer die eerstespan-trui aan te trek as 'onbeskryflik'. Mnr. Du Plessis sê: “Solank daar rugbyspelers is wat in Grey wil wees en te alle tye die skool se belange eerste stel, is daar 'n blink rugbytoekoms wat wag.” - PIETER SMITH Official sponsor of Grey Rugby