Stabilis December 2017 STABILIS December 2017 | Page 10

[sPorT] Results 10 PAUL ROOS INTERSKOOL Rugby Eerstespan Cherries Derdespan Vierdespan Vyfdespan Sesdespan Sewendespan Agtstespan Negendespan o/16 A o/16 B o/16 C o/16 D o/15 A o/15 B o/15 C o/15 D o/14 A o/14 B o/14 C o/14 D wen wen verloor wen verloor verloor wen wen gelykop wen wen wen wen verloor wen wen wen wen wen wen wen 30-28 24-21 12-14 27-15 15-20 17-31 14-12 24-14 24-24 45-27 12-5 30-20 25-5 14-34 34-13 38-10 34-13 55-8 10-3 19-5 47-0 Hokkie Eerstespan Tweedespan Derdespan Vierdespan o/16 A o/16 B o/16 C o/16 D o/16 E o/14 A o/14 B o/14 C verloor gelykop verloor verloor verloor verloor wen verloor verloor verloor wen verloor 1-3 0-0 1-5 2-8 0-2 1-3 2-0 0-1 1-5 0-3 4-0 1-2 Gholf Eerstespan Tweedespan Derdespan Vierdespan verloor verloor verloor wen 2-7 2-4 2-4 4-2 Tennis Eerstespan Tweedespan o/15 A o/15 B wen verloor wen verloor 5-4 4-5 8-1 4-5 sTaBILIS S STABILIS Grey Kollege Sekondêr Desember 2017 SA Skole-spelers groei aan tot 'n totaal van 95 Rugbyfabriek se monteerbaan bly produseer 'n Ongelooflike eer en prestasie het Grey weer te beurt geval toe drie spelers; Rikus Pretorius (senter), Christopher Schreuder (losskakel) en Ruhan Greyling (haker) ingesluit is in die Suid-Afrikaanse Skole-rugbyspan. Rikus Pretorius is een van slegs twaalf Grey-r ugbyspelers wat die SA Skolespan twee jaar na mekaar kon verteenwoordig. Hierdie drie spelers het Grey en Suid-Afrika gedurende Augustus in 'n toetsreeks teen Wallis, Engeland en Frankryk verteenwoordig, waar- tydens die span nie sukses kon behaal nie. Die uitslae is as volg: verloor teen Wallis (28-30), Engeland (22-52) en Frankryk (13-18). Volgens Rikus Pretorius, onder- kaptein van die SA Skolespan, was die span net nie goed genoeg nie en sou dit 'n groot rol gespeel het om meer tyd saam met mekaar te kon spandeer om saam te oefen. Die SA Skolespan se tempo verskil baie van dié van Grey. Dit is baie stadig en baie meer fisiek en dit was hulle taktiek dié jaar om baie meer te skop. 'n Taktiek wat nie veel sukses vir die span behaal het nie. Grey het vanaf 1974 tot en met 2017 reeds 95 SA Skolespelers opge- lewer, 'n uitmuntende prestasie, waarvan 20 spelers ook later tot in die Springbokspan gevorder het. Belowende rugbyspelers van Grey se eerste rugbyspan kan hulself ongelukkig ag dat daar hierdie jaar nie 'n SA Skole A-span gekies is nie. Vir enige Grey rugbyspeler is dit 'n doelwit om vir die SA Skole- rugbyspan gekies te word. Nie net kan dit vir jou deure oopmaak nie, maar is dit ook goeie ondervinding as jy na skool 'n loopbaan in rugby wil volg. Harde werk is dus die sleutel tot sukses. - DE WET MARAIS Rikus Pretorius, SA Skole-senter in 2016 en 2017. Foto: Verskaf Pool-presteerders laat wapper die skool se vlag in verre Rusland Franco Kriel en Mundus Grové is onlangs gekies om aan die “World Junior 9-Ball”-kampioenskap in Moskou, Rusland deel te neem. Die kompetisie is gehou van 30 Oktober tot 2 November 2017. Hierdie prestasie het nie in hulle skoot geval sonder besondere harde werk nie. Hulle oefen tussen 14 tot 18 ure per week en neem soveel as moontlik aan kompe- tisies deel. Albei van hulle spog reeds met 'n hele rits titels, wat strek van provinsiale vlak tot by o/23 nasionale vlak. Mundus, sowel as Franco, het ook reeds hul Protea-kleure verwerf in verskeie afdelings van pool. Franco en Mundus is dit eens dat jy nooit te jonk is om te begin speel nie. Franco het op die jong ouderdom van 5 jaar reeds met hierdie sport kennis gemaak. Franco sê: “Jy kan 'n loopbaan maak van hierdie geweldige uitdagende sport - mits jy bereid is om baie hard te werk. Toewyding en passie vir die spel is ook nie onderhandelbaar indien jy sukses wil behaal nie”. Die tweemanskap hoop albei om eendag die nommer 1-posisie in die wêreld te beklee en die wêreld plat te reis as professionele spelers. Vir dié twee spelers is geen droom te groot of nie haalbaar nie. Met hul positiewe gesindheid is die pad na 'n professionele loopbaan bloot 'n formaliteit. Grey se pool (potspel) het duidelik 'n blink toekoms met spelers van dié kaliber, wat kan raad en leiding gee aan die nuwe entoesiatiese spelers. Hierdie is net nog 'n bewys van Grey se diversiteit. Dit was nog altyd die skool se beleid om seuns aan te moedig om voluit betrokke te wees by enige sportsoort van hul keuse. Hierdie sportsoorte hoef nie noodwendig deur die skool aangebied te word nie. Hierdie seuns kry steeds die geleentheid om Grey te verteenwoordig op 'n interna- sionale verhoog. - WJ MARAIS Atletiekseisoen kom weer vinnig uit die blokke Die Grey/OMS Uitnodigings- Atletiekbyeenkoms is op 13 Oktober vir die 19de agtereenvolgende jaar aangebied. Die byeenkoms het die nuwe atletiekseisoen behoorlik afgeskop. Grey en Oranje tree op as gesamentlike gasheer vir 29 skole en 1185 atlete. Daar het in totaal 55 van die Grey-atlete deelgeneem en geensins met hul prestasies teleurgestel nie. Grey behaal sewe goue en nege silwer medaljes. Van die 22 nuwe rekords wat tydens die byeenkoms opgestel is, is drie deur Grey-seuns opgestel. Uitsonder- like prestasies is deur die volgende Grey atlete behaal: DJ Liebenberg (o/14) behaal 'n 1ste plek in Diskus met 'n rekord- afstand van 56.09m, 'n 2de plek in Gewigstoot en word as beste junior veldatleet van die byeenkoms aangewys. Lucky Moleyane (o/14) behaal twee eerste plekke in die 100m en 200m. Hy skitter in die 200m deur die 18 jaar-oue rekord van LJ van Zyl met 0.19s tot 22.41s te verbeter. Katleho Chabanyane (o/15) wen die 100m hekkies en word as die beste junior baanatleet aangewys. Herman Agenbag (o/17) kom eerste in die Diskus en Gewigstoot. Jannes Schlebusch (o/17) word as beste seunsatleet van die byeenkoms aangewys met sy rekordgooi van 75.87m in die Spiesgooi. Hierdie atlete praat saam met oud-Greys soos Wayde van Niekerk, Johan Cronjé en LJ van Zyl, wat in die verlede aan hierdie byeenkoms deelge- neem het. “Ek is baie tevrede met my gooi, maar glo dat ek selfs beter kon doen”, sê Jannes. Vir hom staan die uitstekende organisasie van die byeenkoms uit. “Die doel van die byeenkoms is om Suid-Afrikaanse atletiek te help bevorder, meer atlete as die top 10 van elke skool te betrek en sodoende nuwe talent te ontdek en te ontwikkel,” sê mnr Marnus van Wyk, hooforgani- seerder van atletiek by Grey. Die byeenkoms is een van die top-byeenkomste in die land en daarom een van tien wat hierdie jaar as 'n kwalifiserende byeenkoms vir die Statebondspele in 2018 gedien het. Grey en Oranje maak dus groot deure met hierdie puik byeenkoms oop. 'n Uitgesoekte span het ook 'n byeenkoms in Bredasdorp bygewoon. - BERNHARD BÜHRMANN Lerato Manyane (middel) het in Bredasdorp uitgeblink en is aangewys as die tweede beste o/14-atleet van die byeenkoms. Foto: Verskaf