Stabilis April 2019 STABILIS April 2019 | Page 6

[Redaksioneel] Grey Kollege Sekondêr April 2019 Die hooffokus van leerders by Grey moet wees om balans te handhaaf Die Travis High School in Amerika het 3067 dissiplinêre aanmeldings in een jaar gehad, 1390 die jaar daarna en 880 die volgende jaar. Die gebruik van veiligheidsgordels in Amerika het van 15% na 68% toegeneem binne 2 jaar. ‘n Nuwe houding het ‘n nuwe gewoonte geraak So, hoe skep jy ‘n sosiale epidemie by Grey Kollege? Akademiese onderrig was nog nooit en dit sal nooit die hooffokus van skool wees nie. Die hooffokus van skool is om tydens die harde realiteit van die lewe, die vemoë aan te leer om teenspoed te verwerk. Dit is met hierdie persoonlike kapasiteit waarmee jy boelies, die geskinder, spanning, ongemak, onsekerheid, frustrasie, afleiding, hartseer, terugslae, pyn, ongemak en selfs trauma hanteer. Tog misluk leerders in die werklike hooffokus van skoolbywoning. Jy misluk wanneer jy te lui is om die pen op te tel en jou huiswerk te begin skryf. Jy misluk wanneer jy klas bank. Jy misluk wanneer jy laat is vir oefening of vir klas. Jy misluk wanneer jy nie respek het vir ander mense nie. Jy misluk wanneer jy nie volgens jou eie akademiese vermoëns presteer nie. Tog is jou hooffokus nie ‘n punt of simbool op ‘n bladsy nie.. Die fokus is om die dryfkrag te hê om dit te verander. Die teenoorgestelde is ook waar. Miljoene leerders speel “Fortnight aanlyn met hulle maats. Hier funksioneer jy in jou perfekte wêreld. Jy het verantwoordelikhede, pligte, take en nuwe kanse. Jy beleef passie, energie en prestasies. Jy is gedissiplineerd, en jy verbeter en bou jou omgewing. Jy het dus reeds die Fortnight vaardigheid, houding en gedrag wat nodig is om ‘n radikale verandering met ‘n reuse impak binne ‘n kort termyn binne jou en jou eie vriendekring te veroorsaak. ‘Raak verlief op jou Fortnight houding. Raak verloof aan nuwe gewoontes. Wees vernuwe in jouself, Wees die virus. Gala-optogte is sekerlik die beste in jare Geagte redakteur As ouer en oud- Grey is dit lekker om die gees te ervaar en sommer net te kyk waarmee die seuns vorendag kom in die gala- optogte. Die standaard van beide Stad en Koshuis se optogte was opvallend. Dit is sekerlik toevallig dat daar in beide gevalle gebruik gemaak is van verbyvlugte. Die helikopters was seker meer opwindend, maar die verbyvlug van die vastevlerk- vliegtuig was net so lekker. Daar word seker elke jaar ‘n tyd gestel vir die afhandeling van die optogte, en in sommige jare is dit ‘Smallie’ sal bly veg vir Grey Redaksie 2019 Ian Small-Smith soek tyd om alles voluit te doen KERNREDAKSIE Gunstelinge: Kos: Boks pap Koeldrank: Coke Liedjie: Hall of fame Rugbyspan: Cheetahs Restaurant: Col cacchios Quote: “There is no substitute for hard work.” – Thomas Edison Ian Small-Smith en Dirkie Laas geniet 6 Cokes voor die Tuckshop. Wat is jou droom as hoofseun? Ek wil graag ‘n liefde vir die skool in elke Grey-seun se hart kweek. Ek wil ook graag aan almal wys dat ten spyte van die negatiewe publisiteit, dat Grey aanhou veg en groei en dat die seuns van die skool die skool sal dra deur enige iets. Beskryf die oomblik: “Hoofseun vir 2019 is Ian Small-Smith”? Dit het onwerklik gevoel. Alles het dof geword en ek het regtig gevoel asof ek in ‘n fliek is. Eers toe ek op die verhoog kom het die blydskap ingeskop. Wat se invloed het jou broer, wat vroeër hoofseun was, op jou? Baie van wat ek weet en glo kom van hom af. Ons praat met mekaar oor die lewe. Al van jongs af wou ek graag in sy voetspore volg en hy het onbewustelik my geïnspireer om ook Foto: Eduard Büchner te streef om hoofseun te word. Wat is jou grootste struikelblok? Tyd. Dit is onmoontlik om elke aspek van my lewe voluit te kan aanpak want ek het nie tyd vir alles nie. Wie beskou u as ‘n rolmodel en hoekom? My pa en my boetie. My pa is my hero want my familie is werklik vir my belangrik en ek streef daarna om eendag so goed vir my familie te wees soos wat my pa vir ons is. My boetie is ook van kleins af my hero en ek wou nog altyd net soos hy wees. Watter flieks en televisie programme kyk jy graag? Ek het so te sê ophou TV kyk in die koshuis, maar oor naweke volg ek graag my meisie se reekse saam met haar. Ek is ook ‘n groot Harry Potter- aanhanger en ek is bitter opgewonde vir Game of Thrones-seisoen 8. Stabilis: Contact STABILIS at: P.O. Box 13001, Brandhof, 9324 or e-mail: [email protected] 6 nodig, want dit kan baie vervelig en herhalend raak. Hierdie jaar was ‘n uitsondering, want albei optogte kon maklik nog langer geduur het. Die “brug” oor die water waaroor die rasieleiers kon loop was ‘n wenner en waarskynlik die grootste hoogtepunt van die twee optogte. Dit kry ook almal betrokke en lyk sommer net goed. - Altyd ‘n Grey-ondersteuner Hoofredakteur Dirkie Laas Subredakteur: Nuus Vladik Seagreen Subredakteur: Sport Gustav Pieterse Subredakteur: Diepte Waldo Reinach Subredakteur: Joernaal Bernard Scheepers Subredakteur: Kultuur Wiesner Hechter Hooffotograaf Eduard Büchner NUUSREDAKSIE Olwethu Sifumba Joshua Lowe Reuben Müller Albrecht Botha Gideon Bresler Pieter Marais Wouter van Aswegen Pieter-Schalk Grobbelaar Francois Haasbroek SPORTREDAKSIE Daniel Edwards WJ Marais Toni Cata Kaleb Lombard Jurie Geldenhuys Renier Potgieter Eddie Nieuwoudt Bernhard Bührmann DIEPTEREDAKSIE Michael Beukes John Shaw Joubert Potgieter Christi Myburgh Ignus v Deventer Rynard Otto KULTUURREDAKSIE Chad Jongbloed Mikael van Eschwege JOERNAALREDAKSIE Vryskut KUNSTENAAR JP Jacobs FOTOGRAWE Eduard Büchner Leabua Seromo Matthew Fry Daniël Marais Emile Brönn