Stabilis April 2019 STABILIS April 2019 | Page 5

[CuLture] Grey College Secondary April 2019 Besige jaar met ‘n verskeidenheid van opwindende optredes wag vir groep Short News sTaCCaTo Bechstein piano in Reunie Hall has a significant history Indomitus-sanggroep stel reeds vroeg ‘n hoë standaard Die bekende Indomitus-sanggroep het die jaar op ‘n hoë noot begin. Die besige begin het gevolg op die eerste paar weke van harde werk en ure se oefentyd, want die nuwe ‘repertoire’ moes eers deeglik aangeleer word. Die vrugte van die harde werk is gepluk by verskeie meisies-koshuise, waar Indomitus se Valentyn-sêr met groot opgewondenheid ontvang is. Volgens tradisie het Indomitus op die vooraand van Valentynsdag eers by Eunice se koshuis gesing, en daarna by Oranje en Sentraal se koshuise. Hulle sêr-program het bestaan uit vier bekende liedjies, naamlik ‘Attention’ van Charlie Puth, ‘Girls like you’ van Maroon 5, ‘Castle on the Hill’ van Ed Sheeran en ‘Fine by Me’ van Andy Grammer, alles items wat met groot entoesiasme deur Indomitus uitgevoer is. Na die besoek aan die skoolkoshuise het hulle ook by die Indomitus-lede se meisies gaan sêr, wat hierdie Valentynsdag vir die meisies onvergeetlik gemaak het. Die laaste item van die aand was ‘n onverwagse besoek aan die dameskoshuis Amelia op die kampus van die UV. Een van die seuns het spontaan voorgestel dat hulle by sy studentevriendin by Amelia gaan sing, en toe hulle weer sien was die koshuis se balkonne gevul met studentedames wat luidkeels “cheer”. ‘n Eerstejaar mediese student wat ook in Amelia bly, het later opgewonde vertel: “Ons het eers gedink dat dit een van die manskoshuise was wat kom sêr het vir Valentynsdag, maar ons het gou besef dat dit nie moontlik was nie, want die verskil was dat hierdie groep ‘actually’ kon sing!” Sy het ook vertel watter aangename verrassing dit was en dat dit hulle aand baie opgehelder het. Carl Bechstein, piano-maker. Die Con Spirito-sanggroep van Oranje Meisieskool tree op in die Reüniesaal. Indomitus het dus hulle sêr-aand op ‘n suksesvolle not geëindig en daarna was dit dit vir die stemme om ‘n bietjie te rus voor Valentynsdag se besige program gevul met verdere optredes. Valentynsdag is elke jaar ‘n hoogtepunt vir Indomitus. Een van die lede sê: “Wie sal nie gevlei word indien ‘n hele saal vol meisies jou toejuig nie?” Die opvoering elke jaar in Oranje se skoolsaal was ook die eerste keer dat Indomitus hul hele program voor ‘n hele skool opgevoer het. Na Indomitus se vier liedjies het Con Spirito, Oranje se sanggroep, geantwoord met twee ‘medleys’ van hul eie. Laaste, maar sekerlik nie die minste nie, is daar die eerste keer kennis gemaak met Oranje se eie ‘Drumline’. Nadat aktiwiteite in Oranje se saal afgesluit was, het Indomitus saam met Con Spirito vertrek na Grey, waar die volle Valentynsdag-program ook in die Reüniesaal opgevoer is. Indomitus sal later vanjaar weer by die kunswedstryd optree, asook by verskeie interskole soos by Affies van Pretoria en Paarl Boys High. Veral die mededinging teen Affies op kultuurgebied sorg elke jaar vir gehalte en kwaliteit uit die boonste rakke. Hierdie interskole-optredes gee ook die ideale geleentheid aan verskeie groepe wat min geleentheid kry om voor groot gehore op te tree. Groepe soos die Grey Gumboots, die Foto: Eduard Büchner verskillende Marimba-groepe, die Drumline en orkesgroepe kry die geleentheid om hul vordering ten toon te stel. Dit bied ook aan alle groepe die geleentheid om hulle te slyp vir die Musiekfees, wat aan die einde van die derde kwartaal in die Sand du Plessis-teater aangebied word. Vir Indomitus sluit die jaar dan in die derde kwartaal af met die jaarlikse optrede by die Grey Musiekfees. Alle lede van Indomitus is natuurlik ook lede van die koor. Daar lê dus nog honderde ure se oefentyd voor ten einde werk van dieselfde gehalte te lewer. Die hele Grey-gemeenskap sien uit na wat nog gaan kom. - MIKAEL VON ESCHWEGE Voortrekkers kry tyd om uit te reik ten spyte van program vol aksie en pret Grey se Voortrekker-kommando, die Pres MT Steyn-kommando, is vernoem na ‘n oud-Grey, nie noodwendig slegs na ‘n voormalige president van die Vrystaat nie. Die getalle van die Voortrekkers bly konstant en neem selfs effens toe. Mnr. Pieter Wessels, wat betrokke is by die kommando, sê: “Ons het vanjaar ‘n hele aantal graad 8’s bygekry. Ek dink ook dit help dat ons kommando nie slegs uit seuns van Grey bestaan nie, maar dat daar ook ‘n hele paar meisies van Oranje en Eunice betrokke is.” Daar is ‘n magdom aktiwiteite Die Voortrekkers is reeds twee jaar betrokke by die Lerato créche oorkant Bainsvlei se polisiestasie. Foto: Verskaf waar lede van die Voortrekkers betrokke kan wees. Deur die loop van die eerste kwartaal het die kommando voortgegaan met hul uitreik-projek by die Lerato Creché by Bainsvlei. Oor die afgelope twee jaar het lede van die kommando gesorg vir die opgradering en instandhouding van dié sentrum se fasiliteite. Dit sluit in nuwe speel-fasiliteite soos swaaie en ‘n klimnet, verfwerk en klein plastiek-motorfietse vir die kinders. Ongeveer 20 lede van die kommando het ook die jaarlikse provinsiekampe op Doornkloof bygewoon tydens die Maart- vakansie. Die graad 8’s was op Ontdekkerskamp, die graad 10’s op Leierskamp en die graad 11’s het die uitdagende Veldkamp aangedurf. Alex Els en Elrike Viljoen is verkies aan jeugleiers van die provinsie, iets waarop die kommando baie trots kan wees. By die graad 11-kamp, Veldkamp. het mnr Piet Viljoen en me Elma Viljoen, albei betrokke by Grey se Voortrekkers, weer opgetree as kampleier en adjunk-kampleier. Ontdekkerskamp, waar die graad 8’s gekamp het, is ‘n besige 5 kamp waar daar gewoonlik gewerk word vir een of twee kentekens. Een van die hoogtepunte van hierdie kamp is die jaarlikse ‘Katvoet’, ‘n operasie wat meestal in die donker nag van Doorbkloof plaasvind. Doornkloof behoort aan die Vrystaatse Voortrekkers en kan omtrent 40km buitekant Kroonstad, in die rigting van Lindley, gevind word. Dit is ‘n plaas vol historiese karakter en is ook die plek waar die graf van Sarel Cilliers, aflegger van die gelofte by Bloedrivier, gevind kan word. Daar is ‘n klein, maar volledige museum war die geskiedenis van die omgewing en die Voortrekkers as ‘n jeugbeweging, uitbeeld. Verdere hoogtepunte in die jaar is volop: Daar is die Winterkamp aan die begin van die Junie-vakansie. Hier kan ‘n jagkursus bygewoon word of enige ander kursus wat natuurlik te doen het met natuurbelewing. Vir diegene wat egter lus is om ‘n bietjie see toe te gaan is daar die jaarlikse Seejol, wat sorg vir ‘n lekker wegbreek in die vakansie. Die seuns (en meisies) wat betrokke is by die Voortrekkers, geniet dit baie. - WIESNER HECHTER The beautiful piano in the Reunie Hall has been in use for almost a century. The piano itself is a Bechstein piano dated 1907, making this piano 112 years old. According to Mr Dana Cilliers, music teacher and a pianist himself, the piano has reached the end of its productive lifetime. Carl Bechstein founded the C Bechstein Pianoforte Company in 1853 in Berlin, Germany. The young Carl Bechstein studied in France and England as a piano craftsman before becoming an independent piano manufacturer. His first pianos were made for other companies and did not carry the name Bechstein. Bechstein had the idea to manufacture a sturdy piano, able to withstand the great demands imposed on the instrument by the virtuosi of the time, specifically Franz Liszt. In 1857 Hans von Bülow (Liszt’s son-in-law) gave the first public performance on a Bechstein grand piano by performing Liszt’s Piano Sonata in B Minor in Berlin. Since that first performance, Bechstein pianos had become a staple in many concert halls and private mansions. The three great manufacturers of the time were Bechstein, Blüthner and Steinway & Sons. In 1881 Bechstein provided pianos to Queen Victoria. Some of these pianos (including a gilded art-case piano) are still on show in Buckingham Palace and Windsor Castle in England. An art-case Bechstein piano. Carl Bechstein eventually be came so popular as a manufacturer of quality pianos that the company opened branches in London, Paris, Vienna and Saint Petersburg. Some of the well-known composers who composed on Bechstein pianos include Béla Bartok, Maurice Ravel, Edvard Grieg and Alexander Scriabin.