Stabilis April 2019 STABILIS April 2019 | Page 4

Kortnuus Valentynsdag soos dit moet wees Een maal per jaar is daar die gebruiklike berig oor Grey se Valentynsdagviering. Elke jaar is die berig ongeveer dieselfde – wat kan tog gesê word behalwe hoe mooi die verhoog versier was, hoe mooi die musiek was en hoe die seuns en personeel die verrigtings geniet het. Hierdie jaar was die viering egter iets heel anders; ‘n bykomende dimensie wat sekerlik sal voortbestaan in die skool se Valentynsdag herinnerings. Daar was wel musiek. Daar was wel blomme, liefdesliedjies, ballonne. Daar was geskenke van meisies en van mammas af en daar was sekerlik ook teleurstelling by die gebrek aan verwagte geskenke. Maar hierdie jaar was daar ook ‘n bykomende item; ‘n diamantring. Nuwe Grey onderwyser mnr Sechaba Matsoele het beplan om die aand na Valentynsdag verloof te raak aan me Nonhlanhla Mthembu. Me Cheré Jordaan het toe ‘n beter plan voorgestel: dat hy die opwinding deel en die jawoord vra tydens die Valentynsviering in die saal, voor die hele skool. En dit was toe so. Me Mthembu was ietwat uit die veld geslaan toe sy genooi is om deel van die viering te wees. Maar toe sy genooi is om vorentoe te stap, en mnr Matsoele instap en op een knie voor haar sak, kon sy nie anders as om “ja” te sê nie. Die saal het ontplof soos die seuns gejuig het oor die romantiese, perfekte oomblik en verskeie dames het erg bewoë geraak. So het Valentynsdag vir een pragtige paartjie ‘n onvergeetlike dag geword. Mag die liefde vir altyd voortduur. - JOSHUA LOWE [Nuus] Grey Kollege Sekondêr April 2019 Ontgroening word oriëntering vir gr 8’s Outydse gebruike van vernedering is nie meer relevant nie “Newies” met hulle plakkate lyk asof hulle die oriëntering geniet. Doop, ontgroening, insouting of inisiasie; almal woorde wat die belangrikste tyd in ‘n graad 8 se lewe beskryf. Praat jy egter van ontgroening strek die menings van positief tot negatief; sommiges wat dit aanprys en ander wat dit verdoem. Wêreldwyd word ontgroening ook onder die vergrootglas geplaas deur organisasies soos CURE (Coalition to Uproot Ragging from Education ). Die vraag bly egter: “Waarom word die ontgroening-spook nie begrawe nie?” Jaarliks word ontgroening afgeskaf, verminder of verander. Is hierdie afskaffing ten koste van tradisie - of is tradisie uitgedien in ons vinnige veranderende wêreld? Die algemene konsensus was dat ontgroening belangrik is omdat dit die graad 8 groep ‘n hegte eenheid maak met ‘n visie vir die skool. Ontgroening wys vir die Newies dat Foto: Verskaf hulle laerskool-prestasies hulle nie belangriker maak as die res van die groep nie. Dit breek af en herbou ter selfde tyd. Is ontgroening nog relevant in 2019? “Dit is net so belangrik, indien nie meer belangrik, as in 1919,” meen skool leier Ian Small-Smith. Moet ontgroening ‘n keuse wees? Hierdie vraag word al lank gedebatteer, maar volgens meeste kinders moet dit nie wees nie. Die uitdagings wat plaasvind kom van beide partye af. Die prefek wat skielik mag kry moet versigtig wees om nie sy mag te misbruik nie. Die teenstelling is dat die kind wat Grey toe kom weet dat hy ingesout gaan word en daarvoor moet voorberei. “Die insouting word gekontroleer met die skool se tradisies en toekoms as afhanklikes van die sukses,” beaam Ian. - PIETER SCHALK GROBBELAAR ProfIeL Waar in die wêreld is... André Volsteedt André Volsteedt was in 1993 onder- Hy sal ook altyd vir Dirkie gaan koffie drink. Op Grey het hy ook hoofseun stad. Sport was ‘n baie Froneman onthou: ‘n ongelooflike lewenslesse geleer. Een insident was groot deel van sy skoolloopbaan en kind wat baie mense se lewens uitstaan is toe hy eenkeer toe hy te toe dit tyd word om ‘n beroep groot vir sy skoene was, deur te kies, het hy geweet dat dit Hansie Cronje aangespreek in ‘n sport rigting sou wees. is. Hansie het vir hom gesê Die siftingsproses was dat hy altyd moet probeer vir hom eenvoudig: hy wou om die minste in die lewe te nie heeldag in ‘n kantoor wees en die mense om hom te sit nie; hy wou die wêreld dien – veral in spanverband. Hy het al verskeie interes- verken; hy het besef dat afrigting nie sy forte was nie sante ervarings gehad, en en sy belangstelling was in veral een insident aan die fiksheid en wetenskap. begin van sy tydperk in Dit is dus hoe hy Frankryk staan uit. gevorder het tot waar hy nou Voor sy eerste tuiswedstryd is: ‘n fiksheidvoorbereiding teen Racing Metro wat Stade afrigter. Huidig is hy die Francais se aartsvyande is, fiksheidsafrigter by die stap hy na die reserwe haker Stade Francais in Parys. Laurant Sempere en wens André is getroud met Trudie, hom sterkte toe en sê iets in ‘n mediese dokter en hulle die lyn van: “Maak ‘n verskil het twee dogters, Minke (9) as jy op die veld gaan”. en Mila (6). André se kontrak Tussen sy trane deur gryp hy in Frankryk moet nog twee toe vir André agter die kop en jaar verloop. slaan hom met sy kop dat hy Hy het baie onvergeet- sterre sien. Hy sê toe net in like herinneringe van sy Frans: “Je suis prête” - “ek is skooljare by Grey. Veral gereed.” Vrydae se saalperiodes Hy glo dat Grey sterker en periodes is helder in sy André saam met die welbekende oud-Greys, Robert groter as enige individu is, geheue; sprekers soos veral Ebersöhn en Piet van Zyl, in Frankryk. Foto: Verskaf en die mag van eenheid en van Sir Louwrens van der samehorigheid is gevestig by Post, Clem Sunter en mnr Volsteedt aangeraak het met sy manier van die seuns en onderwysers. Mag dit se motiveringspraatjies en staaltjies dinge doen. Wanneer hy gebunk altyd voortduur. oor Grey se legendes. het, het hy by die skoolhoof se vrou - VLADIK SEAGREEN 4