Stabilis April 2019 STABILIS April 2019 | Page 3

[News] Grey College Secondary April 2019 Keer terug na persoonlike verhoudings en leer ken jouself G4C het hulle jaarlikse jeugweek aangebied gedurende 29 tot 31 Januarie. Soveel as 200 seuns het elke aand in die Grey Paviljoen bymekaar gekom om die Here te prys, na ‘n boodskap te luister en om in groepe te gesels oor dinge van die woord en die hart. Hierdie jaar se tema was baie gepas Face to Face en het oor die belangrikheid gegaan om aangesig- tot-aangesig-verhoudings met mense en met die Here te hê. Die sprekers was Wian Vos en Tanya de Kock. Die seuns het weereens besef dat dit belangrik is om ‘n intieme verhouding met God te hê. So ook is dit belangrik om met jou mede-Christene te gesels en egte verhoudings te hê waarin jy jouself kan wees. Wian en Tanya het ook pouses met die seuns en personeel gesels en het deur die week praatjies in die saal met die seuns gehad. Aangesien die sprekers ook professionele lewensafrigters is, kon baie seuns waardevolle gesprekke met hulle voer en goeie, inspirerende raad kry. Wian is ook ‘n sanger en musikant en die lofsang was ‘n unieke ervaring. Wian is van die bediening Weet jy dat God jou liefhet? en stap reeds ‘n lang pad met die Grey-seuns. Hy het in 2016 inspirasie vanaf die Here ontvang uit Mattheus 28:19&20 om ‘n Bybel-gebaseerde groep te begin vir tienerseuns en hulle ouers om hulle te leer, te inspireer en te bemagtig om hulle lewe ten volle uit te leef as dissipels vir Christus. Wian tree sedert 2016 as mentor op vir die Grey seuns. Die Here het aan hom gewys om selfoontegnologie te gebruik om die seuns te bedien. Dit gebeur dikwels dat seuns hulle harte vir die Here gee, maar sonder inspirasie en ondersteuning soms weer stoom verloor. Seuns kan inskakel op ‘n WhatsApp-groep en kry so inspirerende boodskappe vanaf tydgenote, bekende sportsterre soos Warren Whiteley en kunstenaars wat hierdie projek ondersteun en gereelde boodskappe uitstuur; positief, relevant en hedendaags. Alle Grey seuns word uitgenooi om weekliks op ‘n Woensdagaand by G4C aan te sluit waar jy toegerus word met gereedskap om die lewe aan te pak en saam die Here kan loof en prys. - ALBRECHT BOTHA ‘n Bottel se proppie is meer as net ‘n toemaakding Murray-huis se proppie-projek hou aan groei V.l.n.r. Luhan Serfontein (wenner graad 9), Jared McIntyre (stigter van die Mustang Wheelchair Rugby-klub), Peter West (afrigter), Tristin Geddes (wenner graad 8), Mariné van der Walt (spanmaat). Foto: Verskaf Hoe maak ‘n mens as jy verlam is en nie ‘n rolstoel kan bekostig nie? Gelukkig is daar iemand soos Jared McIntyre wat self in ‘n rolstoel is - wat verstaan hoe dit voel en weet hoe ‘n positiewe impak ‘n rolstoel het - nie net in die gestremde persoon se lewe nie, maar ook in die lewens van die mense wat hom versorg. M u r r a y- h u i s s e p r o p p i e versameling het begin in 2017 toe ‘n berig in die Volksblad verskyn het oor Jared en die Mustang Rolstoel Rugbyklub in Bloemfontein, wat proppies van verskeie skole in die stad ontvang het. Mense het die proppies geskenk en dit is toe gewas, gesorteer en verkoop. Die geld is toe gebruik om aan behoeftige jongmense rolstoele te skenk. Die persone is dus ook ‘n kans gegun om ook deel te neem aan sport vir gestremdes. Ongeveer 450kg mooi gesorteerde doppies kan een rolstoel aankoop. Enige proppies van 2 liter, 500ml en 450ml koeldranke, 2 liter vars melk asook 2liter joghurt bottels, 1liter lang-lewe melk en enige 1liter vrugtesap, asook enige waterbottels, kan gebruik word. In 2017 en 2018 is 30kg proppies aan Jared oorhandig. Einde 2018 is die inkomende 2019 graad 8’s te versoek om elkeen minstens 1kg proppies saam te bring tydens hulle intrek in Murray-huis. Hierdie idee is geplant die dag in 2018 toe Ulrich Schoeman, toe ‘n nuwe graad 8 met sy aankoms by Murray-huis ‘n sak vol proppies afgelaai het. Met Tannie Kim, Murray-huis koshuismoeder se inisiatief, is die projek begin. Grey-werknemers het ook deelgeneem aan die projek: Hamilton Me Karen Venter verruil basse vir soprane Me Karen Venter het aan die begin van Desember onverwags gehoor dat sy aangestel is as Wetenskap- onderwyser by die Saint Michael’s School for Girls. Daar was dus nie tyd vir haar om die Grey Kollege personeel en seuns behoorlik te groet nie maar sy noem dat sy wel verlang na baie aspekte van haar vyf jaar as onderwyser by Grey. Sy meld ook dat die tydperk by St Michael’s vir haar nogal ‘n aanpassing was op vele gebiede. Sy moes gewoond raak aan klasse met net meisies ...en ook die drastiese verskil in stemtoon. Blykbaar werk die dogters ook baie hard en doen ook graag en getrou huiswerk in boeke wat netjies en kleurvol oorgetrek is. Me Venter sê sy werk ook baie hard maar sy geniet elke oomblik. Haar nuwe kollegas is baie ondersteunend vir die nuwe Wetenskap- onderwyser en daar Me Karen Venter Foto: Verskaf word ook lekker gelag en gesels tydens pouses. Daar is ‘n gevoel van samehorigheid en eenheid. Sy meen ook dat as daar oorlog sou uitbreek, weet sy dat sy nie alleen staan nie want daar is ‘n hele weermag van sterk vroue agter en langs haar. Juffrou Karen bedank elkeen wat vir vyf jaar deel gehad het in haar vorming as mens; vir al die liefde en ondersteuning wat sy kon ervaar. Sy is dankbaar vir vriendskappe wat haar ‘n leeftyd gaan hou. Sy wens almal ‘n lewe van regverdigheid, lig en waarheid toe en groet almal tot weersiens, moontlik langs ‘n sportveld of net iewers in ‘n onverwagse plek. Hambani kakuhle! - FRANCOIS HAASBROEK 3 Hall se personeel het amper 10kg bymekaar gemaak en Suzan en Nnini, die dames wat sorg dat Murray-huis skoon is, het onderskeidelik 9 en 8kg elk bymekaar gemaak. Daar was ook ‘n kompetisie tussen die seuns en die wenners, Tristan Geddes met sy 9kg en Luhan Serfontein met sy 8kg proppies, het elkeen twee fliek kaartjies gewen. Op 3 Februarie het Jared en sy spanmaats Murray-huis besoek en 130kg proppies is aan hulle oorhandig en op 8 Februarie 2019 het Jared die Grey-seuns toespreek. Sportmanne sal kan verstaan hoe frustrerend dit is as hulle as gevolg van ‘n besering nie kan speel nie… dink net hoe voel iemand wat glad nie kan beweeg nie…. ‘n koeldrank proppie is nou meer as net iets om ‘n bottel toe te maak. - GIDEON BRESLER Proud sponsors of Grey College Sport Short short News News Mrs Hester Roos takes her final bow After a period of 13 years and four months, mrs Hester Roos has decided to cease her teaching career, one year short of her official retirement date. She says she is leaving in order to still enjoy quality time with her grandson, and to focus on other aspects of life. Mrs Roos was Head of English Home Language for a period of 13 years. She also taught German for two years after which she was involved solely with senior English. She states that her inter- action with the learners in class was conceivably the best times of her teaching career, especially when the learners realised that their interaction was essential. Mrs Roos was in charge of debating until last year when she handed over the reins to mrs Verenie Albertse. She was also involved with the Stabilis newspaper as head of the News section. Leaving a place where you have been settled for so many years, is never an easy decision and mrs Roos says that she will reflect with longing on every aspect of Grey. She has no particular plans to keep busy after her retirement, yet she believes that something will come her way. So, this is goodbye from the teacher with the purple hair. - JOSHUA LOWE NB Dates 1 May: Workers Day 1-3 May Rugby Wildeklawer 2-5 May: Tennis Kearsney festival 6-10 May Drama FS Art Festival 11 May: Inter: Paarl BH (BFN) 18 May: Inter: Affies (BFN) Grey Ball