Stabilis April 2019 STABILIS April 2019 | Page 11

Grey College Secondary April 2019 Slegte weer kon nie ‘n demper op byeenkoms se gehalte plaas nie Dit was nie net die weer wat vir drama gesorg het tydens die eerste Dreyer Campbell Atletiekbyeenkoms aan die begin van Februarie 2019 nie. Hierdie byeenkoms het plaasgevind in Pretoria in die middel van die somer-reënval-seisoen. Donderweer het die byeenkoms vir ‘n redelike tyd lank onderbreek en daarna is dit op ‘n redelike nat baan voortgesit, alhoewel sommige items nie kon plaasvind nie. Die byeenkoms wat aangebied is deur Hoërskool Waterkloof by Tuks, het egter steeds vir opwindende atletiek gesorg. Atlete uit vier provinsies het aan die byeenkoms deelgeneem en volgens mnr. Anton Smit, hoof van atletiek by die skool, is dit die ideale geleentheid vir seuns van Grey Kollege om hulle talente teen ander top-skole in die land te meet. Hierdie skole het ingesluit Afrikaanse Hoër Seuns- en Meisies van Pretoria, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Kemptonpark, Wynberg Boys High van Kaapstad, Zwartkop Christian School en die TUKS ‘Academy’. Soos altyd het die 68 Grey- manne hulle uitstekend op en van die baan van hulle taak gekwyt. Wikus Vosloo, die spankaptein sê: “Ek was, soos altyd, trots daarop om deel van hierdie geleentheid te kon wees. Die manne het hulle goed van hul taak gekwyt”. Een van ons atlete wat besonder goed presteer het, is Xander Human (o/14), wat met ‘n afstand van 48,76m in die diskus-item, 1200 punte op die ABSA tabel behaal het. Slegs drie atlete konhierdie besondere prestasie behaal. - JURIE GELDENHUYS [sporT] Selborne-sege wys dat goeie vordering volhoubaar is Vides-toernooi se vyfde plek is die beloning Franco Labuschagné is een van die uitblinkers in die eerstespan. Sukses is behaal in die afgelope Selborne Vides Waterpolo toernooi, onder die leiding van ‘n nuwe breier. Die kapteins van die eerste waterpolospan, Daniel Williams, JP Seyffert en Enrico Coetsee is dit eens dat die sukses wat behaal word, toegeskryf kan word aan die nuwe afrigter David Mackenzie, ‘n skitterende speler in eie reg, asook ‘n prominente persoon in nasionale waterpolo-kringe. Hul sê die Vides- naweek se sukses kan toegeskryf word aan goeie afrigting, harde werk, fiksheid en broederskap in die water. Die manne het met reg gesê, dit was eers met ongeloof en toe met absolute vreugde, dat hul besef het hul het vir Selborne vir die eerste keer kon wen, sover vasgestel. Die span het ‘n skitterende 5de plek behaal uit 20 van die top waterpolo-skole. Hulle poging om vir die finaal te kwalifiseer is egter gekniehalter deur naelskraapse nederlae teen Grey Port Elizabeth en Foto: Eduard Büchner Paul Roos, wat albei onder die top 10 spanne in die land is. Die drie graad 12-leerders is baie opgewonde oor die toekoms van Grey se waterpolo en sê dat daar baie diepte in die span is onder die jong spelers. Enrico sê: “Ons het ‘n baie goeie spangees. Ons glo dat dit ons kan lei om verdere doelwitte te behaal, soos om ‘n medalje vir Grey huis toe te bring en om onder die top 10 skole te wees aan die einde van die 2019-seisoen”. - WJ MARAIS Results ATHLETICS FS Championship FIRST PLACES Xander Human u/14 Discus Diesel van Dyk u/14 Shot put Ethan Muller u/15 100m Ethan Muller u/15 200m Alec McIntyre u/15 100m hurdles Nelio May u/15 Long jump Aron A Aranda u/15 Discus Aron A Aranda u/15 Shot put Lucky Moleyane u/16 100m Lucky Moleyane u/16 200m DJ Liebenberg u/16 Discus Lian vd Merwe u/16 400m hurdles SECOND PLACES Xander Human u/14 Shot put Diesel van Dyk u/14 Discus Diesel van Dyk u/14 Hammer throw Martin Botha u/14 Javelin JJ Holtzhausen u/14 800m JJ Holtzhausen u/14 1500m Aron A Aranda u/15 Hammer throw SJ Marais u/15 110 hurdles SJ Marais u/15 330m hurdles Lian vd Merwe u/16 110m hurdles Sebastian Meyer u/16 Javelin J-M Trichard u/16 400m hurdles Jarrod Brown u/17 400m THIRD PLACES Reatile Sedikane u/14 100m Jacobus le Roux u/14 100m hurdles Jochanon Jonker u/14 Javelin Janco Scheepers u/15 100m Janco Scheepers u/15 200m Delport Botha u/19 800m Melt Meyer u/19 Shot put Nuwe afrigter mik na deurlopende spelstyl op hokkieveld Grey Kollege het aan die einde van 2018 ‘n nuwe direkteur van hokkie en eerstespan-afrigter, mnr Anthony Woodhouse, aangestel. Nie alleen het hy provinsiaal van o/16-vlak reg deur tot op senior manshokkie-vlak gespeel nie, maar het hy ook vir ‘n seisoen internasionale ondervinding as deel van Royal Oree T.H.B., ‘n span in die Belgiese Premierliga, opgedoen. Volgens mnr Woodhouse het hy altyd geweet dat die oorgang vir hom van speler na afrigter baie natuurlik sou wees. “Ek was maar nog altyd ‘n hokkie ‘nerd’ wat regdeur my speller- loopbaan so veel as moonltik kennis oor hokkie wou opdoen,” sê hy. Hy was vyf jaar aan die stuur van Crawford College Lonehill se eerstespan, afrigter van die Universiteit van Johannesburg se tweedespan in 2014 en 2015 en assistent-afrigter van hul eerstespan vanaf 2016 tot 2018. Hy was Suid- Gauteng se o/16A-afrigter in 2015 en 2016 en assistent-afrigter van Suid-Gauteng se o/18A-span in 2017 en 2018. Die kern van mnr Woodhouse se afrigtingsfilosofie wat hy na Grey toe bring, is dat afrigting op skoolvlak hoofsaaklik oor opvoeding gaan. “Hier leer seuns vaardighede Mnr Anthony Woodhouse bring passie en baie jare se ervaring as nuwe direkteur van hokkie. Foto: Eduard Büchner soos tydsbestuur, mededinging, werksetiek en hoe om met grasie te wen of te verloor,” verduidelik hy. “Dit is alles vaardighede wat sukses in die wêreld daarbuite kan bewerkstellig.” Hy glo daaraan om net soveel klem op waardes, as op hokkie te lê. Mnr Woodhouse het baie duidelike doelwitte vir Grey-hokkie, waarvan die grootste is om ‘n deurlopende spelstyl regdeur die skool te vestig, om diepte en ‘n verstaan van hokkie onder spelers te kweek en om aan alle spelers die geleentheid te bied om as mense en spelers te groei. Hy werk nou saam met die afrigtingspersoneel om dit te bereik. Wat resultate aanbetref, wil hy graag voortbou op die uitstekende resultate wat Grey in alle ouderdomsgroepe gedurende 2018 behaal het. Oor die langtermyn streef hy daarna dat Grey se A-spanne konstant in die Top 5-10 hokkieskole in Suid-Afrika sal tel. Sy vars benadering is reeds in die voorseisoen ervaar. Heinko Hansen, eerstespan-hokkiespeler, glo dat dit ‘n baie suksesvolle proses was waar almal genoeg kans gehad het om hulself te bewys. “Ons is meer kans gegee as in die verlede,” volgens Heinko. Die nuwe afrigter is ook volgens Heinko baie gefokus op fiksheid en wil graag hê dat sy span die fiksste in Suid-Afrika moet wees. - BERNHARD BÜHRMANN 11 OFFICIAL SPONSOR OF GREY COLLEGE SOCCER