Stabilis April 2019 STABILIS April 2019 | Page 10

Uitslae INTERSKOLE: HTS Middelburg & Landboudal [Sport] Grey Kollege Sekondêr April 2019 Swemmers bevestig talent by Westville Basis vir sukses lê in goeie voorbereiding en harde werk RUGBY Eerstespan wen 81-8 Cherries wen 43-7 Derdespan wen 44-16 Vierdespan wen 49-12 Vyfdespan wen 59-0 Sesdespan wen 61-0 Sewendespan wen 68-0 Agtstespan wen 54-10 o/16 A wen 63-0 o/16 B wen 65-0 o/16 C verloor 10-14 o/16 D verloor 10-15 o/15 A wen 41-5 o/15 B wen 68-0 o/15 C wen 47-3 o/15 D wen 63-0 o/14 A wen 68-0 o/14 B wen 50-0 o/14 C wen 48-19 o/14 D wen 64-5 HOKKIE Eerstespan wen 7-0 Tweedespan wen 18-1 o/16 A wen 6-1 o/16 B wen 8-1 o/14 A wen 13-0 o/14 B wen 8-0 Wiaan Serfontein, puik graad 10-swemmer, in aksie tydens die borsslag-item. In die eerste week van Februarie het twaalf van die land se top swemskole dit uitgespook of eerder “uitgespat” tydens die jaarlikse Westville-gala in Durban. Grey stel nie teleur nie en stap met die silwer medalje weg. Joshua Hamilton, kaptein van die swemspan, sê: “Ons uitstekende uitslae by vanjaar se Westville-gala kan toegeskryf word aan goeie voorbereiding en harde werk. ” Dit bly egter ook belangrik om te onthou dat, veral by ‘n aflosgala, spangees ‘n baie belangrike rol speel. Joshua sê: “Omdat baie van ons al jare saam Westville toe gaan, is ons almal deel van n broederskap.” JP Seyffert sê: “Durban het baie Foto: Verskaf talent, maar die Bloemfonteiners se spangees kan nie ge-ewenaar kan word nie. Die Vrystaat spog met baie topswemmers.” Me Helené du Toit, hoof van swem by die skool, het die volgende kommentaar gelewer oor die seuns se ambassadeurskap tydens die Westville-gala: “Die terugvoer oor die swemmers se gedrag is elke jaar ongelooflik positief. ” Daar is ook verneem dat sy, na baie jare, binnekort gaan terugstaan by swem. Sy sê: “Swem lê my baie na aan die hart en ek gaan dit baie mis. Baie dankie aan die swemmers vir my rose!” - KALEB LOMBARD Joubert presteer op wêreldwye verhoog Joubert Klopper, puik tennisspeler, is tans derde in Suid-Afrika in die o.19-ouderdomsgroep. Joubert het al op verskeie kontinente sy tennisvernuf ten toon gestel. Melbourne in Australië, waar hy in die Australiese Ope gespeel het, was tot dusver sy gunsteling. Hy beskou dié toernooi as die hoogtepunt in sy loopbaan. Met die dubbels het hy en sy spanmaat tot by die tweede ronde gevorder. Joubert se tennistoekoms lyk rooskleurig. Hy wil graag vir verdere studies na ‘n kollege in Amerika gaan en om sy tennisloopbaan daar voort te sit. Hy hoop om op dié manier sy groot droom te verwesenlik en dit is om tot by Wimbledon te vorder. - RENIER POTGIETER Joubert Klopper, Junior Australiese Ope-kwalifiseerder. Foto: Verskaf Puik swemmer kwalifiseer vir Jeug Olimpiese Spele Gawie Nortjé het die uitsonderlike prestasie behaal om aan die Jeug Olimpiese Spele deel te neem wat in Buenos Aires plaasgevind het vanaf die 6de tot 18de Oktober 2018. Die hoogtepunt van die Spele vir Gawie was dat dit hom die geleentheid gegee het deel te neem teen die beste swemmers in die wêreld en dat hy aan homself kon bewys dat hy op daardie vlak kan kompeteer. Die positiewe gees en atmosfeer tydens die Spele kry mens volgens Gawie ook nêrens anders op aarde 10 nie. Hy het uitstekend preteer deur gekies te word vir die Junior Wêreld Kampioenskappe wat gehou gaan word in Budapest in Augustus 2019. Sy heel beste prestasie tot dusver was egter om te kwalifiseer vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio, Japan. Gawie se wenresep is baie harde werk. Hy oefen 2 tot 3 ure elke dag in die Kovsie-swembad, selfs in die winter. Dit is natuurlik in die Vrystaatse winter nie altyd maklik nie. Die sleutel tot sy sukses is sy onwilligheid om moed op te gee en sy ouers en afrigter wat hom te alle tye ondersteun en motiveer. Volgens Gawie is dit belangrik om altyd nederig te bly en om jou oë op jou Skepper te hou. ”Jy kan nooit moed opgee nie en jy moet in jouself glo. Enige iets is moontlik selfs al is daar struikelblokke.” Gawie het aan sy eerste gala deelgeneem toe hy 10 jaar oud was en sy eerste noemenswaardige prestasie was sy eerste goue medalje by die Suid- Afrikaanse Kampioenskappe in 2014. - GUSTAV PIETERSE