Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 79

MARKTE van Julie tot Desember word egter ook geredelik benut deur produsente in die vorm van uitgestelde prysing of afgeleide instrumente, wat gebruik kan word om die opwaartse potensiaal te benut. Die bostaande strategie gee die geleentheid om verskillende geleenthede in die mark te benut. ’n Konserwatiewe benadering verseker ook dat daar deuren- tyd aanpassings aan die tonnemaat wat verskans word, gemaak kan word sodat daar nie meer tonne verskans word as wat realisties verwag kan word nie. FAKTORE OM DOP TE HOU Die faktore wat gedurende die komende plantseisoen waarskynlik ’n groot rol in plaaslike pryse kan speel, word hieronder bespreek. Wisselkoers: Die plaaslike mark is sensitief vir bewe­ gings in die rand/dollar wisselkoers. Hierdie koers het ‘n groot impak op in- en uitvoerpariteit, wat die bande bepaal waarin die plaaslike mark teoreties behoort te verhandel. Die rand is tans in ’n verswakkende fase, grootliks as gevolg van swak ekono­ miese vooruitsigte op die plaaslike front en ’n sterk Amerikaanse dollar. Die swak- ker geldeenheid maak plaaslike kommodi­ teite meer kompeterend in die buiteland en stimuleer uitvoere. Enige abnormale bewegings (soos wat onlangs gesien is, tot R1.30/dollar in ’n dag) kan gebruik word, sou daar ’n verskansingsbesluit op daardie stadium geneem word. El Niño Die El Niño-verskynsel het ’n groot impak op die plaaslike reënval, veral in die kri- tiese tyd rondom Desember – Februarie. ’n El Niňo-verskynsel affekteer veral die westelike produksiegebied. Hoewel die tydsberekening van reënval belangriker is as die hoeveelheid, kan kommer oor ’n Grafiek 2: Figuur 2: El Niño waarskynlikheid. moontlike droogte vererger word deur die teenwoordigheid van ’n El Niño-verskynsel. Die verwagting vir ’n El Niño-verskynsel vir die somerseisoen, word in grafiek 2 uiteengesit. Daar kan gesien word dat die waar­ skyn­likheid van ’n El Niňo vir die komende seisoen baie sterk is. Die effek van die El Niňo word wel nie so sterk verwag vir hierdie seisoen nie, maar die teenwoor- digheid daarvan kan lei tot ’n oorreaksie in die mark op voorspelde droë weer. Aanplantings In die komende seisoen kan onsekerheid oor aanplantings pryse dryf. Die funksie van die mark is om produsente te insenti- fiseer om wel aan te plant, ten spyte van die risiko van byvoorbeeld droogte. In die komende seisoen is daar egter addisio- nele faktore wat tot meer onsekerheid lei. Hierdie faktore sluit in die relatiewe beter winsgewendheid van sonneblom, die onsekerheid rakende die grondkwessie, kommer oor ’n moontlike El Niňo, pro- dusente se kontantvloei wat onder druk is, ensovoorts. Daar moet onthou word dat die mark deur onsekerheid gedryf word en dat daar verby die onsekerheid gekyk moet word na winsgewendheid om te bepaal wanneer verskansing gedoen moet word. Eindvoorraad Hoewel daar steeds wesenlike eindvoor- raad ten opsigte van mielies verwag word, kan die invloed van uitvoere en verhoog- Bron:IRI de verbruik nie buite rekening gelaat word nie. Verbruik is tans op hoë vlakke en uitvoere vorder ook goed. Indien hierdie tempo’s bo verwagting hoog bly, kan daar verwag word dat pryse ietwat sal wegbe- weeg van uitvoerpariteit af, om voorraad- sekerheid binnelands te verseker. Ten opsigte van oliesade word daar steeds ’n oormaat sojabone verwag. Binnelandse perskapasiteit is tans nie groot genoeg om die volle produksie te kan verwerk nie. Die sonneblomsituasie lyk heeltemal anders. Die verbruikstempo van sonneblom is baie hoog en daar bestaan ’n moontlikheid dat voorraad knap kan raak aan die einde van die seisoen. OPSOMMEND Die plaaslike mark behoort gedurende planttyd (en selfs later) deur onsekerheid gedryf te word. Daar moet verby hierdie onsekerheid gekyk word, sodat die besluit steeds geneem kan word om verskansing te doen. Die verskansingstrategie wat gevolg word, moet vooruit beplan word en kan dinamies aangepas word om by nuwe markinligting aan te pas. Om hulp hiermee te kry, kan u gerus u graanbe- markingskonsultant of SAFEX-makelaar skakel. Lees ’n artikel deur Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou, oor die El Niňo-weerstelsel. Volg die skakel http://fwd2.co/santam of skandeer die QR kode. SENWES SCENARIO | SOMER 2018 77