Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 75

FINANCIAL | FINANSIEEL Senwes Voorsitter van die Direksie, Danie Minnaar. Francois Strydom Senwes HUB 2018 Finansiële jaar afgesluit met algemene jaarvergadering Deur Elmarie Joynt Senwes Groep Maatskappysekretaris en Hoof Regsadviseur S enwes (en Senwesbel) het hul algemene jaarvergaderings op Woensdag, 22 Augustus 2018, gehou. Alhoewel dit 'n jaarlikse wetlike formaliteit is, is die vergaderings altyd 'n hoogtepunt vir die afsluiting van 'n finansiële jaar, veral in die lig van die goeie resultate van die maatskappy. Die 2018 finansiële state is voorgelê en Steve Booysen, James Botha en Simon Mohapi is herkies as onafhanklike, nie-uit- voerende direkteure op die raad. Die Senwes aandeelhouers het al die besluite goedgekeur, met gemiddelde stempersentasies van 99% en het ook die aanbevole finale dividend van 27 sent per aandeel bekragtig, wat op 31 Augustus 2018 uitbetaal is. Ernst & Young is heraangestel as ouditeure, met Derek Engelbrecht wat as senior ouditvennoot sal optree vanaf die 2019 oudit in die plek van Mike Herbst, wat in terme van wetgewing afge­tree het volgens die rotasiebeleid. In terme van statutêre vereistes, het die aandeelhouers ook die Ouditkomitee aangestel. Al die spesiale besluite is aangeneem, in terme waarvan die direksievergoeding (nie-uitvoerende direkteure) goedgekeur is en magtiging verleen is vir die terug- koop van die maatskappy se eie aandele ooreenkomstig die bepalings van die heersende statutêre maatreëls. Die maatskappy se Akte van Oprigting is ook gewysig deur die skrapping van die vereiste dat volmagte 48 uur voor 'n vergadering ingedien moet word. Volmagte kan in die toekoms enige tyd voor 'n aandeelhouersvergadering inge­ dien word. SENWESBEL VERGADERING Die geleentheid is vanjaar aan Senwesbel aandeelhouers gebied om 'n kontantdivi- dend of 'n skripdividend te ontvang (aan- dele in plaas van kontant), volgens keuse. Vier en sewentig aandeelhouers het gekies op die skripdividend te ontvang, wat beteken dat 916 992 nuwe gewone aandele uitgereik is aan die aandeel- houers wat sodanige keuse uitgeoefen het. Dit behels 'n 0,8% verhoging in die uitgereikte aandelekapitaal van Senwesbel. Vir verdere besonderhede, verwys na www. https://www.zarx.co.za/zaps SENWES SCENARIO | SOMER 2018 73