Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 73

FINANCES | FINANSIES iii. Ondersoek totale bedryfskostestruk- tuur (fokus op die 20% koste-items wat 80% van bedryfskoste verteen- woordig: a. kan daar op veranderlike produksie- uitgawes besnoei word sonder om produksie te benadeel? – plaas uit op tender, onderhandel vir korting, ens; b. herbesoek vaste/oorhoofse pro- duksie-uitgawes (bv. mannekrag – evalueer produktiwiteit, bate­- versekering – omvattend versus slegs noodsaaklike, rekenmees-­ tersfooie – heronderhandel of plaas uit op tender, instandhouding van totale voertuigvloot ens); c. ondersoek wenslikheid van die uitkontraktering van sekere akti- witeite wat groot kapitaalbelegging vereis; d. ondersoek realisme van huurgelde en heronderhandel indien nodig; e. implementering van ʼn behoorlike rekordhoudingstelsel vir effektiewe kostebeheer. iv. Bewerkstellig laer risikoprofiel deur onder andere die volgende te oorweeg: a. verkry toegang tot ekonomie van skaal deur moontlikheid van samewerkingsooreenkomste te ondersoek; b. opbou van kapitaalreserwes om kontantvloei in moeilike jare te stabiliseer – neem beginselbesluit om deel van winste in likiede bates te belê – bv. geldmark, vaste deposito’s, opneem van fleksiever- bandreserwes; c. diversifikasie, hetsy bedryfstak- samestelling en/of geografies – hou spanwydte van bestuur in gedagte – nie meer as vier bedryfsvertak- kings word as algemene riglyn gestel. Die waarde wat ʼn vleis- beesvertakking byvoorbeeld vir ʼn oorwegend saaiboerdery inhou, is die afgelope paar seisoene weer- eens onomwonde bewys; d. kontrakverbouing (produksie- of vooruitkontrak) met geloofwaar- dige en goed gevestigde afne- mers vir minstens 'n gedeelte van totale produksie – waarborg mark- toegang en -inligting, produksie­- krediet, minimum of gewaarborgde prys; e. ondersoek lae risikobemarking/ graanprysstrategie, bv. mini­mum-­ pryskontrak (MM) = gewaarborgde vloerprys, uitgestelde pryskontrak, basispryskontrak. Geleidelike kontraktering namate oessekerheid bevestig word - 1/3, 1/3,1/3 of ¼,¼,¼,¼. Streef na realisering van ʼn goeie gemiddelde prys oor tyd; f. waar noodsaaklike vervanging van duursame kapitaaltoerusting gedoen moet word, oorweeg aan- kope van goeie tweedehandse toerusting gerugsteun deur die nodige waarborge. Waak teen belastingversoekings – onthou daar is steeds ʼn jaarlikse paaie- ment wat betaal moet word!; g. bereken verlangde gelykbreek-­ omset sowel as geweegde waarskynlike maksimum skuldlas wat bestaande boerdery-eenheid kan diens en beplan inkomste­- samestelling en gebruik van vreemde kapitaal daarvolgens; h. toekomstige kapitaaluitbreidings – maak seker huidige boerdery­- eenheid funksioneer reeds teen sy optimum produksiepeil (maksimum wins) alvorens uitbreiding oorweeg word. Indien wel geregverdig, behoort die leningsbedrag in die geval van grondaankope nie meer as 70% – 80% van die produk- tiewe waarde te beloop nie. Vanuit Senwes Landbou-ekonomiese Dienste se E-Buro ontledings blyk dit duidelik dat daar steeds by talle boerdery­ besighede die geleentheid bestaan om finansiële prestasie te verbeter, deur bedryfs­effektiwiteit te verhoog. i. besigheidstruktuur van die boerdery-­ onderneming – maak seker van die korrekte regsentiteit waarin besigheid bedryf word, ten einde die potensiële impak van skenkings-, kapitaalwins- en boedelbelasting op die volhou- baarheid van die onderneming te minimaliseer. Die uitgangspunt behoort te wees om die eienaar se persoonlike boedel so klein as moontlik te hou. Ten slotte – ongeag welke opsie(s) oor- weeg sou word, is dit van die uiterste belang om die potensiële impak of effek wat dit op die onderneming kan hê, aan die hand van ʼn omvattende lewensvat- baarheidstudie te toets. Waak teen die neem van impulsiewe besluite. Senwes Landbou-ekonomiese Dienste kan u in so ʼn ondersoek bystaan. Vir enige navrae kontak: Johan du Toit, Bestuurder: Senwes LED 018 464 7543 * Hierdie artikel is in opvolging van die eerste deel van die artikel wat in die Augustus-September 2018 uitgawe van Senwes Scenario verskyn het. SENWES SCENARIO | SOMER 2018 71