FINANSIES
DEEL II
Boerderyskuld
Stappe om die finansiële posisie van 'n boerdery te verbeter
Volgens statistieke van die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het
boerderyskuld gedurende die periode 2014 tot 2017 met sowat R34 689 miljoen, oftewel
30%, toegeneem en is die verwagting dat dit gedurende 2018 die R160 000 miljoen vlak
kan bereik, wat ’n skuldlas van sowat 35% sou impliseer.
Deur Johan du Toit
Bestuurder: Senwes
Landbou-ekonomiese Dienste
G
emeet aan algemeen aan-
vaarde norme, neig dit na
die hoë kant. Dit moet gesien
word teen die agtergrond van
ʼn verlangsaming (selfs daling) in grond-
pryse, strenger monetêre beleid en poli-
tieke onsekerheid.
Elke boerdery beskik oor ʼn unieke
stel omstandighede en gevolglik is dit
noodsaaklik om die impak daarvan op die
finansiële posisie so akkuraat moontlik te
bepaal eerder as om te
wil veralgemeen.
AANSPREEK VAN
LANGTERMYNPROBLEME
ʼn Boerdery beland nie maklik oornag
in finansiële moeilikheid nie en gevolg
lik verg langtermynprobleme meer
drastiese stappe, wat normaalweg met
struktuuraanpassings verband hou, soos
byvoorbeeld:
i. Uitfasering van nie-winsgewende
vertakkings en uitbreiding van meer
winsgewende vertakking(s) – anali-
seer winsgrense/marges en kyk
mooi na langtermynmarkvoor-
uitsigte/potensiaal van vertakking
wat oorweeg word.
a. aandeelhouding (“equity partner”);
b. verkoop van nie-boerdery of
luukse bates;
d. ondersoek die verkoop en terug-
huur van ʼn gedeelte van die
grond en/of kudde.
b.
addisionele inkomstestrome –
benutting van surplus kapasiteit,
bv. verrig kontrakteurswerk, uit-
verhuur van onder- of onbenutte
grond;
SENWES SCENARIO | SOMER 2018
a. evalueer doeltreffendheid en
winsgewendheid van huidige ver-
takkings op ʼn individuele basis;
70
c. afskaling (verkleining) van be-
staande boerderyeenheid
gegewe dat die oorblywende
gedeelte steeds ʼn lewensvatbare
eenheid sal wees;
Ander opsies wat met struktuuraanpas
sings verband hou, is:
i. Ondersoek metodes om inkomste te
verhoog;
ii. Bekom kapitaalinspuiting deur
onder andere:
c. herevalueer produksie-effektiwiteit
– produseer meer met dieselfde
insette of dieselfde met minder
insette.
ii. Ondersoek waardetoevoeging deur
verdere betrokkenheid in waardeket-
ting (vertikale integrasie voor- en/of
terugwaarts) om winsmarges te ver-
sterk. Beginsel – addisionele inkom-
ste moet koste van waardetoevoeging
oorskry. Die opstel van ʼn weldeur-
dagte besigheidsplan is belangrik.