Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 66

MENSLIKE HULPBRONNE Die twee kante van landboustudente. Aan die een kant skryf 1 500 nuwe landboustudente hulle jaar- liks by landboukolleges in. Die teendeel is egter ook waar dat slegs ‘n derde van student dié vlak bereik om hulle studies te voltooi. Jong produsente kan só tersiêre onderrig ontvang Vir talle jong produsente is dit weens praktiese of finansiële redes onmoontlik om tersiêre onderrig by ’n universiteit of landboukollege te ontvang. Daar is egter wel ’n oplossing vir hul probleem om onderrig in landbou te ontvang.  Deur Emmie Pietersen Direkteur: Peritum Groep R eeds in 2012 het die Vrystaat Rooivleisprodusente-orga­ ni­sasie kommer uitgespreek oor die aantal entoesiastiese jong produsente in Suid-Afrika wat die geleent­heid tot tersiêre onderrig misloop. Die realiteit is dat talle jong produsente wat hulself graag in ’n landbourigting wil bekwaam, vir een van drie redes nie by ’n universiteit kan inskakel vir voltydse studies nie. In SA is talle jong produsente reeds 64 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 aktief in die boerdery opgeneem wan- neer hulle die skool verlaat. Dit kan wees weens die omvang van die boerdery of die afsterwe van ’n ouer of bloot omdat hy/sy nie meer tyd wil verspeel nie, maar dadelik in sy/haar passie wil funksioneer. Vir vele jong boere, veral met die afgelope jare se verlangsaming in die ekonomie en die droogtes, is die koste daaraan verbonde om vir drie jaar voltyds te studeer en in te woon by ’n tersiêre instelling, ‘n onoorkombare finansiȅle uit- daging. In ander gevalle verkies jong leerders ’n leeromgewing met ’n praktykgerigte kurrikulum eerder as ’n suiwer akade- miese aanslag en met die ineenstorting van kwaliteit onderrig in landboukolleges, is daar geen geleentheid nie. Die ASUF verslag oor die stand van onderrig in Suid-Afrika het aangedui dat hoewel daar jaarliks 1 500 nuwe studente by kolleges inskryf vir landboustudies, slegs 170 per jaar gradueer en slegs een derde van stu- dente uiteindelik hulle studies voltooi. Die Peritum Agri Instituut, ’n privaat- kollege vir landboustudies, het op hierdie noodroep gereageer en deeltydse kwalifi­ kasies ontwikkel wat aan jong mense met ’n belangstelling in landboustudies, die geleentheid bied om ’n formele Nasionale Diploma in Diereproduksie of