Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 60

NUUS Willem de Klerk in aksie! Geen moeite is te veel om terug te ploeg in die gemeenskap nie. Held van Ficksburg vereer by Vrystaat Landboukongres Gewone mense doen baie maal ongewone dinge wat deur almal misgekyk word. Willem de Klerk van Ficksburg is een mens wie se goeie dade darem nie ongesiens verbygegaan het nie.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur D Willem word vereer! Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL), Gerhard Kriel, Hoof Uitvoerende Beampte van VL, Willem de Klerk, Tommie Esterhuyse, Vise- president van VL, en Dirk Viljoen, Voorsitter van die Landelike Veiligheidskomitee by VL. Foto: Conrad Bornman/Mediaboer. 58 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 it het ’n mens herinner aan Senwes se advertensie oor helde in wording wat vroeër vanjaar geloods is met Evert du Preez en Mokoni Chaka, die jong helde tydens die treinongeluk tussen Hennenman en Kroonstad in Januarie vanjaar. Maar tydens die 2018 Vrystaat Landboukongres was dit dié keer die beurt van Willem de Klerk, ‘n toesighouer by die Setsoto Munisipaliteit in Ficksburg. Willem is in Bloemfontein deur Vrystaat Landbou vereer met Francois Wilken (President), Gerhard Kriel (Hoof Uitvoerende Beampte) asook Tommie Esterhuyse, (Vise-president) en Dirk Viljoen (Voorsitter van die Landelike Veiligheidskomitee) teenwoordig. “Die toekenning was verbysterend, ek het dit glad nie verwag nie,” vertel Willem