Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 54

NUUS Die wortelwenakker by Nico Liebenberg se plaas in die Bothaville-omgewing. 50 | Wenakkerbraai Senwes hulle raaksien. Dit is vir klante ’n ongelooflike ervaring om hierdie eenvou­ dige gebaar van dankbaarheid te beleef. Senwes produsente sê ook hul sê oor wenakkerbraai: JAN HARMSE Rechtvaardig tussen Bultfontein en Welkom “Goeie dag Francois. Ek wil net graag vir jou dankie sê vir die skrywe wat jy aan ons gestuur het. Dit het vir my en my seun wat saam boer, baie beteken in die huidige omstandighede. Dankie ook aan Senwes wat ons ondersteun en deel is van ons besigheid. Dit is aangenaam om te weet dat jul daar is in moeilike tye en dat jul bereid is om die ekstra myl met ons te loop. Tans is dit nie maklik om positief te bly in die boerdery nie. Weereens baie dankie dat julle landbou se beeld help uitdra aan die breër publiek. Dit is ’n tref- fende advertensie van die twee seuns wat betrokke was by die treinongeluk en die man wat draadkarre bou. Bou so voort.” THABO VAN ZYL Thuso Graan in die Wesselsbronomgewing “Vreeslik dankie vir jul gasvryheid op ons wenakker! Dit is ’n reuse gebaar. Elkeen van my werkers sê opreg dankie vir die moeite wat jul doen om vir hulle ’n mid- dagete te kom voorsit in hul werksplek. Baie dankie! Ek is baie opgewonde oor die energie waarmee almal van Senwes hul plek in die groot prentjie volstaan en vreeslik opgewonde oor die kultuur wat elkeen van julle help vestig en skryf binne Die personeel by JP Meintjies se plaas ontvang hul boereworsbroodjies. 52 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 Senwes. Hierdie is ’n great inisiatief en word opreg waardeer.” RIAAN ESTERHUIZEN Essies Boerdery in Hartswater “Dankie vir vandag se besoek Robert. In vandag se ongunstige landboutoestande kan sulke aksies net voordelig wees vir sowel ons boere asook vir Senwes. Julle het vir Vaalharts aan die gons. Ons sien met groot verwagting uit na die nuwe han- delstak. Dankie!” CHRIS SCHOONWINKEL Van die plaas Welgegund tussen Wesselsbron en Hoopstad “Baie dankie vir die gebaar van die braai op die land. Ek en my mense waardeer dit opreg.” Wenakkerbraai by die Schweizer Katoengroep in die Schweizer- Reneke-distrik.