Senwes Scenario Oktober/November 2018 - Page 4

ALGEMEEN | GENERAL RUBRIEK Uit die Woord Plantyd en planttyd? N a ’n onlangse tikflater is die belangrikheid van slegs een letter weereens beklemtoon. Dit kan die betekenis van ’n woord, paragraaf of selfs ’n hele boodskap verander. Maar die spelfout in dié geval, planttyd as plantyd, bevat tog ʼn klein stukkie waarheid. Dit is nou somertyd, soos die tema van hierdie uitgawe dit uitspel, wat ook planttyd is. Dit is nou die tyd waarin ons moet gereed maak om te plant. Maar ons moet ook beplan, want hoe eenvoudig dit ookal klink om ’n saadjie te plant, is daar ook baie ander aspekte van toepassing. Ons ervaar die effek van die gesprekke rondom grondonteiening sonder vergoeding, die land is amptelik in ʼn resessie, en later in 2019 lê die verkiesing op ons voorstoep, en dan moet ons nog tussendeur plant. Dit laat my dink aan 1 Korintiërs 3, wat gaan oor die oorsaak van verdeeldheid wat ons partymaal in Suid-Afrika voel. Maar ons moet ons begin om ons te laat lei deur die Gees van God, eerder as wat ons bloot net as wêreldse mense ‘n bestaan maak. Hier word die vraag gevra of ons nie dan nog wêrelds is nie. Lees vanaf vers vyf: “ 5 Wat is Apollos dan? Wat is Paulus? Hulle is maar net dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, en elkeen doen die werk soos die Here dit vir hom gegee het. 6 Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. 7 Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.” Ons staan almal gelyk voor God en word beloon volgens ons werk. Wat belangrik is, is dat ons almal die Here ons God dien. Onthou dat hoewel produsente die land saai, oftewel plant, moet ons ook onthou dat ons op sig- self eerstens die saailand van ons God is en moet wegbeweeg van verdeeldheid. So, as ons reg beplan (plantyd) en reg plant (planttyd) sal ons die vrugte daarvan pluk. 02 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 Ds. Willie Botha Toe en nou Lees: Ps. 126; Matt. 9:36-38; Luk. 9:62; Spr 20:4 IN DIE VERHAAL is daar twee tye ter sprake: “Toe” en “Nou”. In die verlede was daar ’n tyd toe dit baie swaar gegaan het. Sommige kommentare vermoed dat dit selfs die tyd na die ballingskap kon wees. Daar is groot waarde deur nie die spesifieke situasie te noem waaruit hulle verlos is nie, aangesien verlossing oor ’n wyer spektrum toegepas kan word. Die kern is dus verlossing. Opvallend is die blydskap en dankbaarheid wat daarmee gepaard gaan. Daar is gelag, gesing, en selfs ander nasies het van die groot werke van die Here getuig. Maar daar is ook ’n “nou”. Weereens word die spesifieke nood nie genoem nie, sodat dit universeel toepasbaar is. Op grond van God se verlossing in die verlede, bestaan daar in die hede geloof en vrymoedigheid om weer tot God te nader. Deur die eeue het Hy Hom as betroubaar bewys. God is in staat om paradoksaal op te tree. Geografiese grense is nie bepalend of dit sal reën of nie. Selfs in die dorre Suidland verander Hy die droë lope in bruisende waterstrome. Om te plant is harde werk. In die Bybelse tyd het ploeg en plant dikwels saam gebeur. Koring en gars was die belang­ rikste gewasse, maar daar is ook sorghum en spelt verbou. Saad is gesaai en daarna ingeploeg. ’n Ander metode was om te ploeg, dan die saad te saai, en dan 90 grade oor die eerste ploeglyne die graan in te ploeg. Op skuinstes, harde plekke en tussen boomwortels waar die osse nie kon ploeg nie, is die grond met ’n bylpik bewerk. Die ploegwerk is ver- erger deur koue en swaar winterreën waartydens baie van die werk gedoen is. Wie van die ploegwerk weggeskram het, moes geen oes verwag nie (Spr 20:4). In droogtetye is die kos wat geëet moes word, letterlik uit die mond van die gesin geneem om te plant. Met die hoop dat daar ’n beter oes sou kom, is die waagstuk die moeite werd gemaak. Somertyd was oestyd. Die vrug van harde werk was op hande. Nou is daar nie meer teruggedink aan die swaar werk wat die oes voorafgegaan het. Dit was karaktervormend van aard. Groot blydskap het die afloop van die oes gekenmerk. Daar was duidelik groot dankbaarheid. Die insameling van die oes het beteken dat God voorsien het, en ons karakter verbeter het. Die oes word in die Nuwe Testament ook as metafoor vir die wederkoms van Christus gebruik. Hy kom met ’n verwagting om mense te vind wat ondanks omstan- dighede die harde ploeg- en saaiwerk gedoen het, en nou in Sy hemelse fees kan deel. Die sny van die saaisak en die trane het plek gemaak vir ’n hemelse heerlikheid.