Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 34

LANDBOUKUNDIG Nismark Aarbeie Hoe helderder die vrug, hoe soeter die sap Die veelsydige aarbei word deur baie mense wêreldwyd geniet. Of dit nou op ’n stapel pannekoeke is, met room of selfs roosterbrood met aarbeikonfyt, dit kan maklik ’n gunsteling word.  Deur Mbali Skosana Senwes Gegradueerde A arbeie, bekend vir hul helder- rooi kleur, sappige tekstuur en soetheid, is oorspronklik in Rome gekweek en is nou die mees populêre bessie in die wêreld. ’n 32 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 Aarbei word nie verder ryp na dit gepluk is nie. Aarbeie word in Gauteng, Vrystaat, Kwazulu-Natal en die Wes-Kaap in Suid- Afrika gekweek. Dit is egter belangrik dat dit in Gauteng en die Vrystaat vanaf Februarie tot Maart geplant word, in Kwazulu-Natal vanaf Maart tot Junie en in die Wes-Kaap vanaf Maart tot Mei. Die aarbeie moet so vroeg as moontlik gedurende dié tye geplant word, aange­ sien die mate van groei voor die winter die produksiepotensiaal sal bepaal. Aarbeie word gewoonlik in dubbelrye met tussenry- en diagonale spasiëring geplant. Die spasiëring kan egter anders wees, afhangend van die beskikbare spa- sie en klimaat. Plante moet nie te dig opmekaar geplant word nie aangesien dit die ideale toestande sal skep vir peste en siektes, wat ook die oes van die vrugte sal affek- teer. Plante kan ook in planthouers of gebruikte motorbande geplant word en in sonnige areas geplaas word. Die Selekta en Chandler variëteite is die mees gewilde variëteite in Suid-Afrika. Beide is geskik vir die varsproduktemark. Die Selekta-tipe is lank en wigvormig, rooi in kleur, het ’n aantreklike glans en 'n hoë suikerinhoud, terwyl die Chandler-tipe ferm is met ’n kenmerkende aarbeigeur en ’n hoë suikerinhoud. Volgens die Suid-Afrikaans Kwekers­ vereniging, bevat aarbeie baie vitamines, vesel en hoë vlakke van antioksidante. Hulle is vetvry, cholesterolvry en laag in kalorieë. ’n Enkele porsie, sowat agt aar- beie, bevat meer vitamine C as 'n lemoen. Somersdae is vir pieknieks langs die rivier - hoekom nie sommer ook aarbeie pluk nie? Daar is verskeie aarbeiplase in Suid-Afrika waar jy aarbeie kan pluk vir jou piekniekmandjie of ’n aarbei-smoothie by hul koffiewinkels kan geniet.