Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 29

NUUS Senwes trots om weer deel te wees van Boertjiefees  Deur Marlon Abrahams Senwes Scenario Hoofredakteur S enwes was trots om weer die hoofborg te wees van die groeiende Bultfontein Boertjiefees,wat vanaf 31 Augustus tot 1 September 2018 gehou is. Hierdie jaar se fees is by die Bultfontein Skougronde is deur 5000 mense bygewoon. Hierdie jaar se Boertjiefees is die tweede jaarlikse fees vandat dit verlede jaar teruggekeer het na die landboukalender. Organiseerder en gemeenskapsleier in Bultfontein, Herman Meiring, het hulde gebring aan die borge: “Dit gaan moeilik in die platteland en produsente sukkel. Sonder julle borgskappe sou dit nie vir ons moontlik gewees het om die geleentheid aan te bied en welverdiende landbouvieringe na ons gemeenskappe te bring nie.” Senwes Equipment en Hinterland het stalletjies by die Boertjiefees gehad, waar ’n verskeidenheid John Deere en JCB toerusting, sowel as 'n versameling Hinterland produkte en dien- ste aangebied is. Besoekers is vermaak met allerlei plattelandse pret, insluitend ’n lewendehawe-tentoonstelling, ’n 4x4 bestuurskursus, skouper- de en die crème de la crème van Afrikaans popmusiek. SENWES SCENARIO | SOMER 2018 27