Senwes Scenario Oktober/November 2018 - Page 25

LANDBOUKUNDIG Wat bepaal die risiko en winsgewendheid? ’n Voerkraal gebruik diere om karkas of vleis as eindproduk te produseer en dus waarde te vermeerder. Die wins, soos in enige onderneming, word deur die insetkoste van die produksieproses en inkomste van die eindproduk(te) bepaal. Hierdie proses het verskeie biologiese en fisiese produksiefaktore, asook ekonomiese en prysfaktore wat gedurig fluktueer en wat die risiko veroorsaak.  Deur dr Kobus Swart Dierevoedingskundige D ie primêre taak van ’n voer- kraalondernemer is dus risikobestuur. ’n Voerkraal is ’n intensiewe veeproduksiestelsel wat die ondernemer in staat stel om die meeste produksiefaktore vir maksimum produksie en risikofaktore vir maksimum wins te beheer. Die risikofaktore kan in interne risiko’s, wat grootliks beheer kan word, en eksterne risiko’s, wat grootliks nie beheer kan word nie, verdeel word. INTERNE RISIKO’S Die grootste interne risiko is die bestuurs­ vaardigheid van die ondernemer. Hierdie risiko’s word deur dag tot dag korrekte besluite en die uitvoering daarvan be­paal. Te midde van vele aktiwiteite sal die bestuur van die volgende aspekte die grootste impak op interne risiko’s hê: Bedryfsrisiko: Elke aktiwiteit moet deur personeel uitgevoer word. Personeelkwaliteit is dus krities belang­ rik. Swak opgeleide en onbetroubare personeel verhoog die risiko van veral intensiewe produksiestelsels aansienlik. Verskeie take moet daagliks akkuraat en geroetineerd uitgevoer word en elke per- soneellid moet die rasionaal van elke taak verstaan en dit onafhanklik kan uitoefen. Ontwerp en onderhoud van fasiliteite: Soos enige produksiestelsel is doeltref- fende toerusting en die regte ontwerp van fasiliteite wat onderhou word, noodsaaklik. Sodra toerusting en fasiliteite onvoldoen­ de en selfs swak funksioneer, word die regte besluite al swakker uitgevoer en verhoog dit die risiko. Dit lei tot siste- miese onproduktiwiteit en swak bestuur, wat veral moeilik by ongunstige omstan- dighede kan aanpas. Voeding: Die voeding van diere is ’n 24-uur operasie en is die grootste enkele kostefaktor in die voerkraal. Verskeie aspekte van voeding kan varieer en tot risiko bydra. Die prys van grondstowwe, veral energie in die vorm van graan, is ’n eksterne risikofaktor. Die korrekte besluite moet geneem word om die regte kombinasie van grondstowwe teen die goedkoopste prys aan te koop en ‘n finale voer daarmee te formuleer en te meng om maksimum verteerbaarheid, voerinname en dus produksie van ’n karkas te verse- ker. In hierdie proses is daar verskeie fak- tore wat kan varieer en tot risiko bydra. Gesondheid: ’n Voerkraal gebruik lewen- dige diere wat metabolies optimaal moet produseer. Siek diere produseer swak. Intensiewe produksiestelsels verhoog spanning wat negatief op immuniteit en dus gesondheid inwerk. Die korrekte voorbereiding van diere met inenting en dosering, vroegtydige identifisering en behandeling van siek diere, doeltreffende aanpassing van diere by hoë-energievoer en intensiewe sosiale omstandighede, verlaag die risiko van swak gesondheid. Produktiwiteit: Die produksieprestasie van ’n voerkraal word in terme van groei­ prestasie (GDT), uitslagpersentasie of karkasproduksie, eindmassa of totale volume vleis geproduseer, voeromset en klassering of kwaliteit van karkas gemeet. Al hierdie faktore kan varieer en het ’n direkte en betekenisvolle invloed op die winsgewendheid. Hierdie faktore kan 25 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 23