Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 22

INNOVASIE DIGITALE LANDBOU Die sleutel tot volhoubaarheid Digitale landbou het die potensiaal om die volgende groot sprong in landbouproduktiwiteit en -effektiwiteit te ontsluit.  Deur Martin van Zyl Senwes Groepbestuurder: Innovasie en Geïntegreerde Oplossings D ie kombinasie van gevorderde datawetenskap, sensors en behoorlike konnektiwiteit stel ons in staat om relevante inligting aan produsente te verskaf op 'n intydse basis, op die land. Hierdie kennis stel boere in staat om meer ingeligte besluite te neem en om elke duim van hul lande te bestuur ten einde maksimum opbrengste te verseker. Digitale toerusting maak alreeds 'n 20 verskil vir boere regoor die wêreld en verbeter hul effektiwiteit in die bestuur van vrugbaarheid, water en gewasgesond- heid. Moontlikhede is eindeloos as ons tegnologiese innovasie en die vernuf en deursettingsvermoë van boere bymekaar kan bring. Dit sal ons in staat stel om pro- duktiwiteit te ontsluit wat ons sal help om 'n groeiende bevolking op 'n volhoubare wyse te voed. DIGITALE LANDBOU VS PRESISIELANDBOU Digitale Landbou is die gebruik van data en gevorderde rekenaartegnieke ten einde meer ingeligte besluite te kan neem SENWES SCENARIO | SOMER 2018 • SUMMER 2018 oor ons oeste en landbouaktiwiteite. Dit sluit in al die inligting in the landbou-eko- sisteem, insluitend data oor die oes, toe- rustingdata, omgewingsdata, bedryfsdata en selfs mark- en logistieke data. Presisielandbou gaan oor die uitvoering van ons landbouplanne so noukeurig as moontlik en “boerdery tot op enkele saadvlak.” Dit word dikwels deur gespe­ sialiseerde toerusting uitgevoer, wat insluit hoe ons ons saad plant, bestuur en oes, sowel as hoe ons die grond bestuur tussen plantseisoene met prosesse soos bewerking, oesrotasie, dekgewasse en veranderlike toediening van kunsmis.