Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 20

LANDBOUKUNDIG SGS Laboratoriumdienste Ondersteuning van beter beplanning en bestuur voor en tydens plantseisoen Laboratoriumanalises kan heelwat waarde toevoeg tot u bestuursbesluite voor die plant- seisoen. SGS se grondlaboratorium kan u bystaan met hierdie analises ten opsigte van waterkwaliteit, grondstikstof, grondlewe, kunsmis en blaarontledings.  Deur Cobus Burger SGS NviroCrop: Besigheidsbestuurder S GS NviroCrop se grondlabora­ torium kan help met u bestuurs- besluite gedurende en net voor die groeiseisoen. die komende seisoen beter te bestuur. Van ons produsente wat boorgate ge­bruik vir besproeiing, se watersoutin- dekse het begin styg en die impak op die gewas word duidelik sigbaar wanneer die groeiseisoen redelik ver gevorder is en skade reeds aangerig word. WATTER DIENSTE BIED DIE LABORATORIUM? Waterontledings Ons is almal bewus daarvan dat baie van ons produsente se waterkwaliteit in besproeiingskemas besig is om te ver- swak en dat dit sodoende ’n negatiewe impak begin uitoefen op produksie. Deur u waterkwaliteit vir besproeiingsdoe- leindes te laat analiseer, kan beter beplan word om die moontlike nadelige impak vir 18 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 Chlorose op aartappels weens hoë soutin­ houd in besproeiingswater. Skade weens hoë soutinhoud kan beter bestuur word indien vooraf beplan word daarvoor, deur bemestings- en besproei- ingstrategieë te verander. Van ons groot riviere se slikinhoud is aan die styg, saam met nutriënte soos nitraat, stikstowwe, ens. Die aanhoudende ge­bruik van die besproeiingswater veroor- saak produksieprobleme en dit kan vroeg- tydig aangespreek word. Soos slik toeneem in die bogrond, bereik ons veral op meer sanderige gronde ’n punt waar bogrond slik en klei hoër raak as die grond horison- taal direk onder dit. Die netto gevolg is: • Swakker waterinfiltrasie; • Swakker bogronddeurlugting; • Opbou van grondgedraagde siektes; • Wanbalanse van nutriënte teenoor mekaar; • Oneffektiewe besproeiingskedule;