Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 10

NUUS President Cyril Ramaphosa: “Die Nasie is in Gesprek” Senwes het met trots die African Farmer’s Association of South Africa (AFASA) landbou­ besigheidstransformasiekonferensie geborg, waar belanghebbendes in die landbousektor bymekaar gekom het om ondervindinge te deel en moontlike werkbare oplossings te vind oor hoe om die gaping tussen dit wat in die landbousektor gebeur het en nie gebeur het nie, te oorbrug  Deur Kefiloe Manthata Senwes Gradueerde O nder die hoofsprekers was president Cyril Ramaphosa wat tydens sy toespraak by die gala dinee, AFASA geloof het vir die feit dat hy ’n stem vir swart boere was sedert sy totstandkoming. Hy het die boere geloof vir die feit dat hulle die stereotipes daag wat ten opsigte van swart boere bestaan. “Julle verdryf die konsep dat swart mense nooit meer as net bestaansboere kan wees nie. Julle staaf dat swart mense daartoe in staat is om suksesvol te boer en in daartoe staat is om ’n bestaan vir hulself en hul werkne- mers te maak.” Ramaphosa, wat self ’n boer is, het hulle verseker dat hy die probleme wat Van links na regs is Mike Mlengana (Adjunk Direkteur Generaal Landbou) met Pitso Sekhoto (Voorsitter: AFASA Vrystaat), Motsepe Mohlala (Voormalige AFASA Voorsitter), Benedict Modise (Direkteur: Transformasie by NWK) en Julias Ramohlabi (Senwes Bestuurder: Ontwikkelende Produsente). hulle almal in die gesig staar, ten volle verstaan. “Dit het my drie jaar geneem om ’n waterlisensie te bekom sodat ek mielies kon plant. So, wanneer julle daarvan praat, praat julle van uitdagings wat ek ten volle ken en verstaan.” Die president het ook aangedui dat hy bewus is daar- van dat die regering meer moet doen om die bevordering van landbou in hierdie land te ondersteun. “Landbou verdien ondersteuning deur die regering. Die regering het by ’n aantal ander sektore ingrepe gemaak, maar landbou is steeds op die agtervoet en ek sou graag wou Die Adjunk Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Sifiso Buthelezi. 08 SENWES SCENARIO | SOMER 2018