RUBRIEK | COLUMN
IN THE KITCHEN | IN DIE KOMBUIS
Kos vir die siel
Om te bly glo in ’n
tawwe wêreld
I
Milanie Vosloo
n ’n tawwe wêreld waarin ons daagliks met verskillende
uitdagings gekonfronteer word, is dit nie altyd maklik om te
blý hoop nie. Of ís dit?
Die kunstenaar George Frederick Watts het in ’n tyd toe
mense desperaat op soek was na hoop, ’n skildery met die titel
Hope geskilder. Dit beeld ’n vrou uit wat in ’n fetusposisie op ’n
aardbol sit. Bo en om haar is dit donker en in haar hand hou sy
’n lier vas met net een snaar - haar kop afgebuig in ’n poging
om musiek uit die een snaar te hoor... Mense was ontsteld oor
die depressiewe uitbeelding van hoop en het Watts daaroor
uitgevra. “Julle kyk oppervlakkig,” was sy antwoord. “Sien julle
nie die lig wat van voor af op haar val nie? Dit is jý. Jý wat na
die lewe kyk, die donker raaksien en dan kies om die bietjie of
baie lig wat steeds in jou is, op ander te laat val. En ja, dis wel
nag om haar, maar kyk dieper, dan sien jy die piepklein weg-
steek-spikkel van ’n enkele ster bo haar kop. Dit is die sprankel
hoop wat altyd nog iewers skyn. En kyk dan verder: Sien jy hoe
fokus sy op die één snaar wat oor is? Hoe sy aanhou soek na
die musiek?” Wat wou Watts hiermee sê?
Jy het die Lig in jou. Daarom kan jy ook in die donker, lig op
ander laat val.
Hoop is soms weggesteek onder newels van die donker.
Maar wees jy die een wat dieper soek en dan die klein
sprankel hoop raaksien.
Hoop is om – ondanks al die gebreekte snare in jou lewe –
steeds te fokus op die één snaar van jou lewenslier ... en sy
musiek te hoor.
As jou hoop met donker oorskadu word en jy sukkel om nog
enigsins die mooi raak te sien, onthou dan: Dié Lig, wat lankal
die wanhoop oorwin het, is ín jou. Tussen die donker newels
wat oor jou vou, vonkel daar iewers ’n blinkwit stukkie genade.
Hou daaraan vas. Weet veral, die musiek is steeds daar. Hou
jou oor op die grond en luister fyn. Dalk kry jy dit reg om wel te
bly dans... wanneer min ander nog kan.
Here, help my om fyner te soek na U soort hoop.
Wen met Senwes en Cum Uitgewers
Hoop wat kaalvoet loop is in Augustus 2016 uitgereik en is teen
R179.95 op die rakke. Een gelukkige leser kan ’n kopie wen van
Hoop wat kaalvoet loop, 101 dagstukke vol hoop en inspirasie wat jou
siel sal verkwik. SMS Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en
e-posadres na 31022 voor 30 November 2018.
Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie.
Vir die volledige kompetisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za.
80
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018
Peer- en
pekanneutkoek
DIT IS AAN te bevele om nié hierdie koek te maak nie. Wanneer
jou mense dit eers geproe het, gaan hulle jou verpes om dit vir
elke geleentheid en ook vir sommer net die lekker te maak. Dit
is ongesond lekker.
BESLAG
125 g fyn pekanneute (kyk vir pekanneutmeel by 'n bakwinkel)
345 ml (190 g) meel
knippie sout
155 g botter
95 ml strooisuiker
VULSEL
1 blik (825 g) pere, goed gedreineer
1 blikkie karamelkondensmelk
250 ml room
5 ml vanielje
2 e strooisuiker
• Meng botter en strooisuiker goed saam.
• Sif meel en fyn pekanneute by bottermengsel tot ’n deeg
gevorm is.
• Bedek en plaas 30 minute in die yskas.
• Verdeel deeg in 3 gelyke dele.
• Trek 3 sirkels van 22-24 cm in deursnit op bakpapier of foelie
wat gespuit is.
• Druk egalige laag deeg in elke sirkel.
• Bak 10-12 minute by 180°C tot mooi goudbruin.
• Hanteer die koeklae met behulp van ’n plat skyf. Dit sal help
dat dit nie breek nie.
• Laat afkoel.
• Smeer nou ’n lagie kondensmelk op elkeen van die koeklae.
• Sny die goed gedreineerde pere in plat skyfies.
• Klits die room met die vanielje, 'n knippie sout en strooisuiker
totdat dit vorm hou.
• Plaas nou een koeklaag op ’n opdienbord, pak ’n lagie pere
op en smeer ’n derde van die room op.
• Plaas ’n tweede koeklaag op, herhaal pere en room.
• Plaas die derde koelaag op en bedek met laaste derde van
room.
• Versier verder soos verkies.