GARDENING | TUIN
Maak gereed vir
die koningseisoen
Die somer is nou eindelik hier en ons tuinmense het reeds klaar gesnoei. Kompos is
ingewerk en beddings is voorberei vir die plant van somerplante, blomme en groente.
Deur Carl Kirstein
Tuinboukundige
O
ns het nou ook die laaste
geleentheid om die grasperke
op die regte pad te plaas vir
somertyd.
Sny grasperke baie laag en indien die
gras ongelyk is, kry ’n toplaag en werk
dit oor die gras om dit gelyk te kry. Dit
is ook goed om die gras te belug deur
’n roller met skerp penne oor te stoot of
steek sommer gate met ’n tuinvurk. Goeie
bemesting of ’n laag mis sal jou gras
sommer gou laat uitloop en aggressief vir
die somer vestig. Onthou om goed water
te gee na bemesting. Onthou, ’n mooi
grasperk is die belangrikste element vir ’n
mooi tuin.
Meerjarige plante soos Clivias en
Agapanthus kan wel nog geplant word.
Clivias is nou vol in blom, so dit is ’n goeie
tyd om na jou tuinsentrum te gaan om
presies te sien watter kleur jy aankoop.
Al die gunstelinge is teen die tyd ook
al beskikbaar. Beplan jou aanplantings
sodat dit fokuspunte in jou tuin skep.
Bemes aggressief en maak seker om ’n
deklaag op jou beddings te sit om die
grond koel te hou en verdamping te ver-
minder. Dit spaar jou geld en water op die
lang duur. Onthou dat water kosbaar is en
minder word en nie meer nie.
Daar is niks soos organiese groente,
vrugte en kruie nie. Ek stel voor u omskep
’n gedeelte van u tuin in ’n kosparadys.
Tamaties, blaarslaai, spinasie, stoelbone
asook eiervrug is maklik om te groei en
vertoon goed en verskaf oneindige plesier
as dit vars uit jou eie tuin gepluk word.
Sover dit kruie aangaan is oregano, tie-
mie, mint en basil ’n moet. U kan selfs
’n pottetuin doen met kruie wat na aan
die kombuis geplant word vir maklike
toegang. Mint is ’n baie dors plant, so
plaas die pot onder die kraan om dit mak-
lik nat te hou.
Onthou asseblief om enige plant nie
dieper te plant as wat die grondvlak van
die pot, sakkie of grond waarin dit tans
geplant is nie.
Gebruik asseblief so min as moontlik
gifstowwe. Daar is so baie resepte en raad
oor organies plante en met die hulp van
Google is daar geen verskonings om ons
aarde te besoedel nie. Noudat dit warmer
is, spuit u tuin later nat om onnodige ver-
damping hok te slaan. Geniet die koning-
seisoen van die tuiniers!
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018
79