Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 8

Tema: Planttyd LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL Presisietegnologie en suksesvolle plantaksie Suksesvolle optimale oesopbrengs is die resultaat van interaksie tussen grond (fisika, chemie en biologie), gewas (grond- en klimaatsvereistes asook -eienskappe), klimaat (waarvan reënvalintensiteit en -verspreiding krities is), bestuur en tegnologie (trekkers, implemente en presisietoerusting). Wat moet die produsent dus doen om al hierdie elemente voldoende te bestuur?  Deur Petrus van Staden Senwes Senior Agronoom en Lourens Janse van Rensburg Cerealis Areabestuurder O GROND ptimale produksie begin by presisiekaarte ten opsigte van grondtekstuur, gronddiepte, brutodigtheid en plantbeskik- bare waterkapasiteit. Die chemiekaarte word vir veranderlike regstelling gebruik. TEGNOLOGIE Suksesvolle waardetoevoeging tot die investering in veranderlike toedienings­ kaarte word bepaal deur die planter en die tegnologie waarmee dit toegerus is. Die doel van ’n planter is om saad binne die grond te plaas en terselfdertyd ‘n omgewing te skep wat bevorderlik is vir gelyktydige ontkieming, opkoms en byna 100% blootstelling van al die plante aan GEWAS Die keuse van ’n gewas word bepaal deur natuurlike hulpbronne, finansiële oorwe­ ging en langtermynstrategie. Die opbou van organiese materiaal vir die verbetering van grondfisiese en -chemiese faktore deur middel van ’n rotasiestelsel, behoort oor- weeg te word ten einde risiko te verminder en langtermynvolhoubaarheid te verseker. Die doel van kultivarkeuse is om risiko te beperk en word op produkinligting van saadmaatskappye en nasionale kultivar- proewe gebaseer. KLIMAAT Grondtemperatuur, grondvog, voorkoms van reën en die midsomerdroogte is die faktore wat bepaal watter gewas/kultivar wanneer geplant gaan word. 06 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 sonlig. Hierdie vereiste vir optimale saad- en kunsmisplasing is krities vir optimale voedingstofopname, groei en omskakeling van lig en chemiese energie na opbrengs. ’n Planter het elke seisoen net een kans. Gee jouself die beste kans. Die ou stelling van “om te meet is om te weet” is van toe- passing. Precision Planting het tegnologie ontwikkel waarmee die effektiwiteit van enige planter bepaal kan word, asook die