Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 76

GRAANMAKELAARS | GRAIN BROKERS Senwes Graanmakelaars Nuwe JSE-lidmaatskap toegeken  Deur Frans Dreyer Bestuurder: Senwes Graanmakelaars ’N REGULATORIESE STRUKTUUR- VERANDERING WAS GENOODSAAK Senwes Graanmakelaars (Edms) Beperk (Graanmakelaars) is op Maandag, 20 Augustus 2018, formeel toegelaat as lid van die JSE Landbou Afgeleide Mark (“Agricultural Derivatives Market”). Die JSE-verhandelingskode wat aan Graanmakelaars toegeken is, is SWGM. Die aparte posisionering van Senwes Graanmakelaars as lid was noodsaak- lik as gevolg van veranderinge aan die JSE-reëls ingevolge waarvan Senwes Graanmakelaars, wat namens kliënte optree, ’n aparte lid van die JSE moet wees. Die groter doel van die JSE-reël­ veranderinge in die verband was ook om te verseker dat die belange van kliënte beskerm word deur duidelike grense te stel en onderskeid te tref tussen die tipe verhandeling wat deur spesifieke lede van die JSE uitgevoer mag word. Wat is nou die rol van Senwes Beperk (SWKM) en Senwes Graanmakelaars (Edms) Beperk (SWGM)? Eerstens kan u gerus wees dat die regu- latoriese veranderinge geensins ’n invloed sal hê op die manier wat u verskansing en verhandeling oor tyd leer ken het by Senwes nie. Senwes Marktoegang, wat die graanbemarkingskonsultante (verkryging) asook die unieke Basislink basisverhandelingstelsel insluit, funksio­ neer steeds onder die (Senwes) SWKM- lidmaatskap. Die enigste verskil is dat rolle pertinent geskei word met SWKM wat voortaan ’n nie-makelaarslid van die 74 JSE (“non-broking member”) sal wees en Senwes Graanmakelaars die uitsluitlike rol van makelaar lid (“broking member”) sal vervul. Alle bestaande JSE-rekeninge wat onder die SWKM-lidmaatskap geskep is, word oorgedra na SWGM (Graanmakelaars). Ook hier sal daar geen verandering wees aan die manier waarop makelarykliënte toegang tot die mark deur hul JSE-rekening verkry het nie. Meer spesifiek word bevestig dat die volgende onveranderd sal bly: • Alle personeel betrokke by Graan­ makelaars skuif slegs oor na die nuwe lid SWGM en bestaande kliënt/make- laarverhoudings word glad nie hierdeur geraak nie; • U makelaarsfooistruktuur bly onveran­ derd; • Dieselfde makelaarsdienste word steeds gelewer; • Die kantore bly binne Senwes Hoof­ kantoor in Klerksdorp, maar fisiese toegang tot Graanmakelaars sal voort­ aan gereguleer word deur toegangsbe- heerstrukture; • Die bestaande telefoonnommers bly in werking. WAT KAN SENWES GRAANMAKELAARS MY BIED? Eerstens bied Graanmakelaars vir elke kliënt wat ’n JSE-rekening oopmaak, die nodige toegang tot die verskillende kommoditeite wat beskikbaar is in die landbouproduktemark. Die groter rol van Graanmakelaars binne marktoegang is om die sinergie te vergroot en aan pro- dusente, verbruikers en spekulante die geleentheid te bied om te verskans of potensiële markgeleenthede te benut. SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 Graanmakelaars vervul verder ʼn onder- steunende rol, in samewerking met mark- toegang analitiese dienste, om markin- ligtingsverslae op ’n daaglikse basis saam te stel. Die verslae word kosteloos beskikbaar gestel op die Senwes webtuis­ te en daar kan ook ingeteken word via MySenwes (https://www2.senwes.co.za/ af-ZA/MySenwes/Login/) om die verslae op ’n daaglikse basis te ontvang. Die bron wat die toeganklikheid van markinligting die maklikste maak, bly egter die Senwes Grainlink toepassing (App) waar intydse markinligting en prysopdate­ rings ook kosteloos beskikbaar gestel word. Senwes Graanmakelaars het ook sy eie Twitter-profiel wat gesoek kan word deur @SGBrokers op Twitter in te sleutel. Graanmakelaars is daartoe verbind om ’n doelgerigte diens, wat kliëntediens voorop stel, binne die groter Senwes visie van ononderhandelbare toewyding tot etiese waardes te lewer. Ons sien uit daarna om u van diens te wees deur mid- del van die nuwe JSE-lidmaatskap. Sou u egter enige verdere vrae in die verband hê, moet asseblief nie huiwer om ons te skakel nie. Bestuurder: Frans Dreyer [email protected] (018) 464 7786 Makelaars: Marcel Lombard [email protected] 018 464 7722 Handre van Heerden [email protected] 018 464 7197 Bennie Scheepers [email protected] 018 464 7554