Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 68

PROMOSIE | PROMOTION Cascade ontwikkel kwaliteit produkte D ie Cascade reeks pompe en toerusting is ontwikkel om vir die plaaslike mark ’n bekostigbare, kwaliteit reeks beskikbaar te stel. CASCADE is ’n Prodist geregistreerde handels- merk. Dit onderstreep waarde vir geld, eenvoudige installasie en gemak van gebruik. Kenmerke wat bydra tot die gehalte van die produk, is die brons stuwers (impellers), koper motor windings, swaar gietyster konstruksie en termiese oorlaai beskerming. Hierdie eienskappe is standaard op die volledige reeks. Die VSD’s (veranderlike spoed aandrywings) en ander elektroniese toerusting word toegerus met kritiese lading kom- ponente van Duitse oorsprong. Dit verseker duursaamheid in strawwe Suid-Afrikaanse toestande met sy onvoorspelbare elek- trisiteit toevoer. Hierdie reeks is deur Prodist ontwikkel in samewerking met vervaardigers wat die pas aangee in die Europese mark. Dit is deeglik plaaslik getoets voordat dit in 2017 bekendgestel is. Die Cascade reeks, met ’n omvattende een jaar kwaliteitswaarborg, word gerugsteun deur ’n landswye handelaarsnetwerk en ’n goed toegeruste herstelsentrum. ’n Volledige reeks onderdele is plaaslik beskikbaar. Die reeks Cascade pompe is die ideale oplossing om water- druk te verhoog of te stabiliseer. Dit word tipies gebruik by installasies vir watervoorsiening, soos by woonhuise, arbeiders­ huise, gastehuise en hotelle. Dit is ook geskik as deel van ’n reënwater herwinning installasie, tuinbesproeiing en algemene besproeiing. Cascade het nou ook sy eie webwerf! Besoek gerus www.cascadepumps. co.za vir meer produkin- ligting. Pompe kurwes ook elektronies hier beskikbaar. Praat saam, Cascade het sy eie Facebook blad ook! Besoek gerus @ cascadewaterpumps en laaik ons. 66 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018