Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 67

HUMAN RESOURCES | MENSLIKE HULPBRONNE Oefen tot dit perfek is! Die praktiese aanslag is hoog en dit word bevestig dat die praktykgerigte aard van studies ook gesien word in die assesseringsmetodes. Graanproduksie nou deeltyds te verwerf. Die kurrukilum bestaan uit sewe modules wat oor 72 kontakdae/12 weke aangebied word. Die modules sluit temas in soos: Boerderybestuur, Agri- markte en Bemarking, Personeelbestuur, Infrastruktuur en Hulpbronbestuur, Plaastegnologie en Meganisasie en Finansiële Bestuur en Entrepreneuriese Boerderybestuur. Die veeproduksie- of graandproduksiemodules van die onder- skeie programme is omvattend en word oor vyf studieweke aangebied en dek die volle spektrum van produksiepraktyke. Die volle diploma word oor ’n tydperk van 24 maande verwerf deur die bywoning van 12 studieskole van een week elk tot ses en agt weke. Die program het ’n hoogs praktiese aanslag. Dit bied aan leerders die geleent­ heid om aan die hand van uiters kundige aanbiedinge deur tegniese lewende- hawe- en woladviseurs, agronome en plantvoedingkundiges, landbou-ingenieurs en graanspesialiste praktiese opleiding te deurloop. Interessante nuwe ontwik- kelings in landbou, soos die aanwending van hommeltuigtegnologie, word ook deur studente ondersoek en praktiese sessies hieroor aangebied. Hierdie praktykgerigte studiesessies sluit onder meer in kundige sprekers, beste praktyk plaasbesoeke, aanvullende kursusse, vee- of plantvoe­ dingsprogramme/modelle, lewendehawe- of graanbemarkingsmodelle, demonstra- sies en besoeke/ondersoeke na bemar­ kingshuise en agentskappe. Die praktykgerigte aard van die studies word voortgesit in die assesseringsmeto­ dologie ten opsige van beide diplomas. Tydens elke leermodule word van die stu- dent verwag om ’n omvattende portefeulje saam te stel om sy/haar kundigheid rak- ende die inhoud van die module te demon- streer. Hierdie portefeulje wat opgebou word, is dan die instrument aan die hand waarvan die leerder geëvalueer word. Die samestelling van die portefeuljes is belan- grik en verg toewyding van die student, met die addisionele voordeel dat geen for- mele eksamens geskryf word nie. Die eerste groep studente het die program reeds in 2014 voltooi en die diploma ontvang - ’n 100% slaagsyfer. Sedertdien het vyf nuwe programme gevolg en honderde leerders die formele diplomas wat deur die Suid-Afrikaanse owerheid onderskryf word, verwerf. Die Peritum Agri Institute het in 2018 ’n sustersooreenkoms met Aeres Universiteit in die Nederlande gesluit. Hierdie ooreen- koms bied aan ons studente in die kollege die geleentheid om met uitruillektore en uitruilstudente beste praktyke in produksie­modelle te ondersoek. Studente aan die Peritum Kollege het ook die geleentheid om aansoek te doen om in die uitruilprogram opgeneem te word vir besoeke aan Nederland. Top studente op ons diplomapro- gramme word ook jaarliks deur John Deere Sub-Sahara Afrika getrakteer op ’n beste-praktykbesoek aan John Deere se hoofkantoor, distribusiesentrum en selfs ’n internasionale fabriek. ’n Verdere poging deur die Peritum Agri Instituut om landboustudies toeganklik te maak, is deur die fooistrukture. Die fooie van die program is omvattend en geen addisionele koste word gehef vir byvoor- beeld boekegeld, prakties, eksamens, ensovoorts nie. Die kursusfooie word ook oor die 24-maande tydperk in bekostig- bare maandelikse paaiemente afbetaal. Vir meer inligting rakende die diplomastudies by die instituut, kontak Odette Shepperson by [email protected] of by 051 451 1120. SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 65