NUUS | NEWS
Willem de Klerk
in aksie! Geen
moeite is te
veel om terug
te ploeg in die
gemeenskap nie.
Held van Ficksburg vereer by
Vrystaat Landboukongres
Gewone mense doen baie maal ongewone dinge wat deur almal misgekyk word. Willem
de Klerk van Ficksburg is een mens wie se goeie dade darem nie ongesiens verbygegaan
het nie.
Deur Aubrey Kruger
Senwes Scenario Redakteur
D
Willem word vereer! Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL), Gerhard
Kriel, Hoof Uitvoerende Beampte van VL, Willem de Klerk, Tommie Esterhuyse, Vise-
president van VL, en Dirk Viljoen, Voorsitter van die Landelike Veiligheidskomitee by VL.
Foto: Conrad Bornman/Mediaboer.
58
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018
it het ’n mens herinner aan
Senwes se advertensie oor
helde in wording wat vroeër
vanjaar geloods is met Evert
du Preez en Mokoni Chaka, die jong
helde tydens die treinongeluk tussen
Hennenman en Kroonstad in Januarie
vanjaar. Maar tydens die 2018 Vrystaat
Landboukongres was dit dié keer die
beurt van Willem de Klerk, ‘n toesighouer
by die Setsoto Munisipaliteit in Ficksburg.
Willem is in Bloemfontein deur
Vrystaat Landbou vereer met Francois
Wilken (President), Gerhard Kriel (Hoof
Uitvoerende Beampte) asook Tommie
Esterhuyse, (Vise-president) en Dirk
Viljoen (Voorsitter van die Landelike
Veiligheidskomitee) teenwoordig.
“Die toekenning was verbysterend, ek
het dit glad nie verwag nie,” vertel Willem