Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 52

NUUS | NEWS Die personeel van Taaibosch Varkboerdery in die Fochville-distrik. Senwes trap diep spore met wenakkerbraai Ons nader die einde van Senwes se wenakkerbraai-inisiatief wat in Julie vanjaar afgeskop het. Senwes het, met die skryf van dié artikel, reeds 320 produsente besoek uit ‘n totaal van ‘n beplande 550 produsente.  Deur Senwes Scenario Joernaliste S enwesters het tyd af­ge­staan waar ons net eenvou­dig dankie sê in die vorm van ’n wenak- kerbraai. Francois Strydom, Senwes HUB, vertel dat die wenakker- braai net bevestig dat ons op ons klante gerig is en so personeel aanmoedig om in hulle werks­hoedanigheid klante te besoek. DOELWITTE VAN WENAKKERBRAAI Volgens Strydom word drie dinge met die wenakkerbraai bereik. Deur die Senwes wenakkerbraai gee ons eerstens erkenning aan ons klante en hulle werkers vir die rol wat hulle speel, tweedens sê ons net eenvoudig dankie en derdens kom ons 50 produsente uit ’n uiters volatiele aantal jare wat weersomstandighede, pryse en, veral die afgelope tyd, geweldige politieke wisselvalligheid aanbetref en verdien hulle erkenning. DIE PRODUSENT EN PLAASWERKER “Die grondkwessie is die heel grootste kwessie wat ons in die laaste 24 jaar han- teer het. Die primêre produsent word eintlik die speelbal van politici en word uitgemaak as die skurk in die verhaal. My doel was om vir hulle en hulle werkers te sê hoe ’n geweldige belangrike rol hulle speel. Onthou dat slegs 0.06% van ons totale bevolking van 57 miljoen mense, primêre produsente is met 870 000 plaaswerkers, wat saam net 1,5% van die bevolking uit- maak. Die dat Francois ook die plaaswer­ kers in sy brief bedank met die boodskap: SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 “Bedank asseblief ook al jou werknemers vir hulle bydrae tot die vooruitgang van Senwes, maar ook ons land deur hulle insette.” Francois meld ook dat, deur al die onstuimigheid, kon produsente dit regkry om veilige, voldoende en bekostigbare voedsel aan die bevolking te lewer. Hulle voorsien ook voedsel aan ’n groot deel van die SAOG gemeenskap van 250 miljoen mense en voer ook internasionaal uit na alle dele van die wêreld. Dit is ’n fenome­ nale verhaal omdat dit alles sonder ’n staat­subsidie vermag is. TERUGVOERING Die terugvoering van klante is ongelooflik en oproepe in die aande, e-posse en whatsapps getuig van dankbaarheid dat 52