Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 48

NUUS | NEWS Agri Noordwes maan: Gaan nou vennootskappe aan! Die 2018 Agri Noordwes Kongres het op Vrydag, 14 September, in Lichtenburg plaasgevind met die tema, Vennootskappe vir ’n beter toekoms!  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur D ie presidentsboodskap is deur Pierre Vercueil gelewer, wat daarop gewys het dat vennootskappe die sleutel tot sukses is. “Daar is altyd hoop en ons moet altyd net vorentoe kyk. Ons is in die gelukkige posisie om wel ’n verskil te kan maak.” Daarby het hy ook ‘n pleidooi gelewer om te alle tye sosiaal verantwoor- delik op te tree. Verskeie sprekers het die kongres- gangers toegespreek, waaronder die president van Agri SA, Dan Kriek, Agbiz se John Purchase, Nicola Weimar van Nedbank asook Francois Fouché (Trade Advisory). Een van die mees treffende aanhalings is deur Purchase gemaak: “As jy net een ding doen: Skep ’n gees van vertroue daar buite. Dit is die goedkoopste en maklikste manier om die ekonomie te stimuleer.” Weimar het gesê dat hoewel sake sleg op die ekonomiese front is, hou wêreldwye groei tog hoop in vir Suid- Afrika. Kriek en Vercueil het beide die nood Agri NW verkies ‘n nuwe president! Hier is Pierre Vercueil (uittredende President van Agri NW) met die nuutverkose Willem de Chavonnes Vrugt (President van Agri NW) in die middel en Dan Kriek (President: Agri SA) heel regs. 46 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 vir vennootskappe uitgelig: “Indien ontwik- kelingslandbou nie suksesvol is nie, sal ons ook nie suksesvol wees nie.” Tydens die geleentheid het Agri Noordwes ook ’n nuwe president ver- kies en Pierre Vercueil is opgevolg deur die nuutverkose president, Willem de Chavonnes Vrugt. As trotse borg van die Agri Noordwes aandfunksie het Senwes Credit Uitvoerende Bestuurder, Pieter Swart. asook Francois de Kock, Hoof: Kommersiële en Agri-finansiering, die kong­res bygewoon. Swart het beaam: “Daar is groot geleenthede in landbou van- dag. Ons moet net nie toelaat dat negati- witeit veroorsaak dat ons nie van hierdie geleenthede gebruik maak nie. Ons as ’n nasie het al groot uitdagings oorkom.” Tydens die aandfunksie het briga- dier Kiewiet van Zyl en luitenant-kolonel Fanie Ferreira eervolle vermeldings van die uittredende president van Agri Noordwes, Pierre Vercueil, ontvang. Agri Noordwes het vir Kiewiet en Fanie vereer vir hulle buitengewone en uitnemende diens gelewer aan landbouprodusente in Noordwes. Hulle word vereer vir hulle volgehoue, toegewyde en suksesvolle ondersteuning van landelike beveiliging gedurende hulle ampstermyne. Hulle wederhelftes Lauren en Lynette is ook tydens die geleentheid vereer. Vercueil het laastens genoem dat privaat grondeienaarskap behoue moet bly en dat die fokus op vennootskappe nie ’n miskien is nie. “Ons sal dit moet doen.”