Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 27

AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG 23 | Finansiele aspekte van voerkrale met korrekte bestuursvaardigheid gema- nipuleer word om die produksierisiko te verlaag. bepaal word en kan met die regte keuses ’n mededingende voordeel vir die voer- kraal word. betekenisvolle bydrae tot die inkomste lewer, maar word gewoonlik as betaling vir slagkoste deur die abattoir gebruik. EKSTERNE RISIKO’S Die eksterne risiko’s word deur die varia­ sie van markkragte (vraag en aanbod) op pryse van beide insetkoste en eind- produkinkomste, bepaal. Oor die langer termyn het mark- en prystendense in die bedryf ’n invloed op winsgewendheid wat tydens bestuursbesluite in ag geneem moet word. Die volgende is eksterne fak- tore wat oorwegend die winsgewendheid en risiko van ‘n voerkraal bepaal: Voerkoste: Beeste benodig primêr voerenergie vir groei en die prys van mielies in Suid-Afrika bepaal grootliks die voerkoste. Energie maak tussen 70% en 80% van die voerkoste uit en die voerprys maak ’n prominente deel van die produk­ siekoste van ’n voerkraal uit. Ander ener- giebronne soos Hominy Chop is gewoon- lik ’n afgeleide prys van die mielieprys. RISIKOBESTUUR Dit is belangrik dat die voerkraalbestuur die omvang van al bogenoemde risiko- faktore moet ken, verwag en ’n strategie ontwikkel om die impak daarvan so laag as moontlik te maak. Alhoewel stabiliteit of minimum risiko oënskynlik finansieel aantreklik lyk, skep dit nie mededinging nie en dit onderskei nie tussen goeie en swak bestuursvaardighede en dus besigheids­ geleenthede nie. Die uitdaging is dus om met al beter bestuursvaardighede vir noodwendige risiko’s voor te berei. Daar is talle bestuursbesluite wat elk van die bogenoemde risikofaktore beïn- vloed. Om risiko doeltreffend te bestuur, moet risikofaktore gekwantifiseer en die gelykbreekpunt van elke faktor bereken word. Simulasiemodelle is kritiese hulp- middels om risikobestuur te ondersteun, maar dit kan nie bestuursvaardigheid afkomstig van kennis, ondervinding, persoonlike inisiatief, goeie oordeel en wysheid vervang nie. Aankoopkoste van 'n kalf: Om ’n karkas te kan produseer is ‘n kalf nodig. Eksterne markkragte bepaal die algemene nasio­ nale aankoopprys van kalwers. Daar is wel faktore wat die kwaliteit en dus waarde van die kalf verander. Hierdie faktore is die genetiese groeivermoë, gesondheidstoestand, ouderdom, massa en geslag, wat almal ’n belangrike invloed op die groeiprestasie, prys en dus wins- gewendheid het. Die waarde van ’n kalf moet deur interne bestuursvaardigheid Vleisprys: Die inkomste van ’n voerkraal word weekliks deur die nasionale vleis- prys, onderhewig aan markkragte, be­paal. Dit kan oor ’n relatiewe kort tydperk, seisoenaal, verander en die voerkraal is aan hierdie prystendense onderhewig. Al aandeel wat die voerkraalbestuur in die vleisprys het, is om seker te maak diere word op die regte ouderdom en met die aangewese vetheidsgraad en dus klas karkas met die hoogste prys gelewer. Die beste kwaliteit karkasse is klas A1 tot A3, wat deurgaans dieselfde prys realiseer. Die vyfde kwart van die dier kan ook ‘n Om die produktiwiteit van produksiestelsels vir beeste te verbeter. Adviesdiens vir herkouervoeding Voerprosessering, voedingsbestuur en formulering van voere vir volhoubare produksieprestasie Formuleer en verskaf konsentrate om formulasies te komplimenteer Dr. Kobus Swart 083 262 0946 • [email protected] SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 25