Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 26

NUUS| NEWS Senwesters gerat vir die klant Aan die einde van ‘n uiters lang en laat oesseisoen, is dit nou weer tyd om vorentoe te kyk na die plantseisoen, en jou klant op die hande te dra. Op Vrydag, 21 September, was daar net een boodskap, dat Senwesters positief is en hul voete stewig op die grond is.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur T ientalle klantgerigte Senwesters is tydens dié geleentheid deur Francois Strydom (Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes), Jaco Minnaar (Senwes pro- dusent) en Justin Cohen (bekroonde skry- wer en motiveringspreker) by The Barn by Hoofkantoor in Klerksdorp toegespreek. Strydom se boodskap was dat Senwes as maatskappy besig is om regtig ‘n ver- skil daar buite te maak - “Besluite word bepaal deur harde werk en analises wat gedoen moet word.” Hy het bygevoeg: “In hierdie tyd van landbou is ons in die middel van 'n belangrike brandpunt - grond.” Hy was vol lof vir sy personeel en het trots gesê, “Julle is die mense wat my regtig trots maak.” Hy het daarop gedui dat, ondanks die negatiwiteit daar buite, bly Senwesters positief. Sy siening oor veral Suid-Afrikaanse produsente is ook uitgelig wat, ondanks lae reënval, uitstek- ende oeste lewer: “Daai ouens is waarlik towenaars.” 24 Senwes produsent Jaco Minaar, wat Senwes direkteur en Voorsitter van Graan SA is, het vanuit ’n produsent se oogpunt verklaar dat jy jou altyd die vraag moet vra: “Het jy waarde toegevoeg?” Sy ander raad was dat deur betrokkenheid kry jy lojaliteit, iets wat jy nie kan koop of verdien nie. Sy laaste brokkie raad was om proaktief te wees en altyd jou visie na te streef. Senwes is ook besoek deur Justin Cohen, wat die skrywer van die boek, Pitch to Win is. Hy het aangedring dat Senwesters moet aangaan met hulle goeie werk en dat hulle altyd daarna moet strewe om meer en meer uitstekende werk te lewer. “Indien jy nie jou potensiaal kan nastreef nie, gaan jy nooit as te nimmer jou potensiaal bereik nie,” het hy byko- mend genoem. In vandag se tyd is daar baie fokus op negatiwiteit en verskille, maar sy raad was: “In terme van kollegas en klante is ons almal maar baie dieself- de, en is ons nie so verskillend as wat baie van ons mag dink nie.” Waardering is volgens hom nog ‘n belangrike konsep wat, indien jy dit reg toepas, goeie gedrag tot gevolg het. Al drie sprekers, Strydom, Minnaar SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 en Cohen, was dit eens dat ons almal in Suid-Afrika, en veral in die landbouomge- wing, juis nou positief moet wees. Wees positief, bly nederig en ons kan alles te bowe kom. Francois Strydom (Senwes HUB) se boodskap was duidelik om aan te hou om oplossings­ gedrewe vir die klant te wees. Senwes produsent Jaco Minnaar het die konsep van ‘n visie uitgelig en hoe belangrik dit is om jou drome te verwesenlik. Justin Cohen gesels met Senwesters en vertel dat mense hou van mense wat soos hulle is.