Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 12

Tema: Planttyd LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL Senwes Equipment gee wenke vir ’n probleemvrye plantseisoen Hiermee wens ons as Senwes Equipment span u as gewaardeerde klant ’n voorspoedige en probleemvrye plantseisoen toe vir hierdie jaar. Ons glo en vertrou dat hierdie jaar vir u as produsent baie goeie oeste sal oplewer met die meeste looptyd op u toerusting.  Deur Jacques Pretorius Senwes Equipment: Bestuurder: Meganisasiedienste S enwes Equipment werkswinkels wil graag die nodige gemoeds­ rus vir die opkomende plant- seisoen vir ons klante verseker deur ’n paar wenke en voorstelle om proaktief reeds na u planter en John Deere spuit om te sien.  Is saadbakke en uitmeetmeganisme deurgegaan en gekalibreer vir opti- male plantestand en spasiëring?  Is nodige verstelling op koulters (saad en kunsmus) nagegaan en verstel vol- gens u behoeftes en spesifikasies?  Is alle aandrywings en laers nagegaan en in ’n werkende toestand?  Is hidrouliese stelsels nagegaan vir werking en lekke op u planter en trek- ker?  Het u onlangs u John Deere spuit deur u werkswinkel laat inspekteer om sodoende te verseker dat u die regte hoeveelheid gif toedien en is daar ’n “nozzle flow check” gedoen?  Is u plantermonitor getoets en reg opgestel om te verseker u gaan die 10 regte hoeveelheid saad en kunsmis toedien indien u variërend plant? Senwes Equipment werkswinkels het nou ’n inspeksieprogram waarvolgens meer as 70 punte op u John Deere planter nagegaan word. Die inspeksie gee u as klant die gemoedsrus om die plantseisoen met vertroue aan te pak en behels ook ‘n spuitinspeksie van ongeveer 150 punte vir SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 gemoedsrus tydens die belangrikste deel van u planttyd. Wees verseker dat u enige tyd op Senwes Equipment werkswinkels se knop- pie kan druk vir ongekende gemoedsrus en diens wat ons aan u kan bied vanuit enige van ons 18 bedieningspunte in die Senwes-gebied. Vir enige navrae kontak gerus u naaste Senwes Equipment werkswinkel.