Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 8

•••• AREA F OK U S    Al S(ch)waaiend en reënend na Schweizer-Reneke ONS IS MIDDE-IN DIE LENTE EN HOPELIK SEËN DIE VOLGENDE REËNSEISOEN ONS BEHOORLIK. ONS IS DIÉ KEER OP REIS MET DIE NOORDWES DORPIE SCHWEIZER-RENEKE IN ONS VISIER. AUBREY KRUGER D ie fokus op uitspraak is belang­rik - hierdie dorpie se naam word as ‘Schweizer- ‘Reën’eke uitgespreek en nie as ‘Rey’neke nie, vertel kenners in die gebied. Gelukkig is hierdie skrywer ’n Noordwester en het gelukkig nie in dié valstrik getrap nie. KRUGER MILJOENE Maar vir die res moes ons bietjie 6 dieper gaan delf. Delf is die regte woord om te gebruik, omdat spoeldiamante ’n prominente rol in die gebied speel en daar al baie groot en blink klippies in die ge­ bied gevind is. Dit is Schweizer se Kruger miljoene, hoewel sommige beweer dat selfs die ware Jakob ook hier iewers begrawe is. Hoe dit ook al sy, die dorpie het sy ontstaan in 1885 gehad en is vernoem na kaptein Schweizer en veldkornet Reynecke, wat in ’n skermutseling met ’n plaaslike stam omgekom het. Beelde van beide is in ook die dorpie te siene. DIE TAKGESKIEDENIS Hinterland takbestuurder by Schweizer-Reneke sedert 2016, Waldo Venter, vertel dat die eerste Senwes-tak in 2007 hier geopen is en in Schweizerstraat geleë was, soos jy die dorp binnekom. In 2010/2011 is die huidige onderdelewinkel aangekoop, met verandering wat vroeg in 2012 aangebring is. Die eerste onder- deletransaksies het in daardie OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario selfde jaar plaasgevind. Waldo sê dat die huidige tak in Buitenstraat in Augustus 2016 ook drasties vergroot is, van ’n area van slegs 25m² met twee rakke tot en met 200m². Selfs die stoorgedeelte is in die proses van 500m² na 900m² vergroot. Die onderdele en werkswinkel is nog steeds in die voorste gebou. Waldo steun baie op sy 25 kollegas. Hier moet mens veral kophou met die aantal Jaco’s by die werkswinkel - Jaco Vosloo (werkende voorman), Jaco Holloway (werktuigkundige), Jaco Janse van Rensburg (vak­­leerling), Gerrit Meyer (werktuigkundige) en algemene werkers William Mogale, Johannes Marumo en Basie Headman, werkkaartklerk Christal de Lange en drywer Robert Motupi. By onderdele is daar Corné Kemp (onder- delehoof ), Kobus du Plessis (verkoopsklerk), Henco de Lange (verkoopsklerk) en Paul Kgatlane (verkoopsklerk). Stoorpersoneel is Willem Coetzer (terminaalklerk),