Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 6

•••• H O OFA R TIK E L Alle paaie lei na Bultfontein vir die Boertjiefees MEER AS 7 000 MENSE HET DIE IMMERGEWILDE BULTFONTEIN BOERTJIE­ FEES VANAF 31 AUGUS­ TUS TOT 2 SEPTEMBER 2017 BY DIE BULTFON­ TEIN SKOUGRONDE BYGEWOON. SENWES WAS TROTS OM EEN VAN DIE HOOFBORGE VAN DIE SKOU TE WEES EN DIE MENSE KON HULLESELF VERLUSTIG IN UITSTE­ KENDE UITSTALLINGS, AKTIWITEITE, GOEIE KOS EN GOEIE VERMAAK. MARLON ABRAHAMS S enwes Equipment en Hinterland se gekom- bineerde uitstalling het produkte soos John Deere, JCB, Rovic Leers en Amazone ten- toongestel. Die doelwit was om produkte uit te stal wat meer effektiewe produksie met laer insetkoste sal verseker, gekombi- neer met uitstaan­de diens. Senwes Equipment Bemarker, Herman Smalberger, was gasheer by die Senwes Equipment stalletjie, waar verskeie John Deere modelle op skou was. Hinterland Takbestuurder, Ger­ hard van der Ryst, sê die stalletjie het baie besoekers ontvang en ’n verskeidenheid produkte is gekoop – van wapens, besproei- ings-, tuinbou- en buitelewe- tot jagprodukte. Prodist en Protek het saamgewerk in die verskaffing van produkte. Hinterland en Senwes is reeds gefokus op volgende j