•••
• •
T U I N WE NK E • •
Skep ’n
somerlushof
CARL KIRSTEIN
D
it is nou amptelik lentetyd en ons tuiniers
het nog ’n hele paar take om af te handel
om ons tuine perfek voor te berei vir ’n somerlus
hof.
Hier volg die belangrikste voorbereidings:
• Bereiding van nuwe beddings.
• Snoei van bome, struike, ensovoorts.
• Uitdunning van plante soos grasse, agapanthus
en clivias om dit te vermeerder.
• Algehele bemesting wat gedoen moet word
(verkieslik organies).
• Die skoonmaak van visdamme en waterfokus-
punte.
• Grasperke moet kort gesny word, belug
word en ’n lagie “top-dressing” is noodsaak-
lik vir ’n eweredige grasperk. Bemes met ’n
grasperkkunsmis soos LAN of selfs bees-,
skaap- of hoendermis. Dit moet egter nie te dik
aangewend word nie omdat die gras kan brand.
Onthou om diep te water na bemesting.
• Saai die saadjies vir blomme en groente nou.
• Moet asseblief nie saailinge dieper plant as wat
hul grondvlak nou is nie aangesien dit fungusse
sal veroorsaak en die plantjies sal vrek.
• Na beplanting, sit ’n deklaag van kompos tus-
sen plante. Erdwurm- of “mushroom” kompos
werk baie goed, asook basstukkies.
Ek het die voorreg gehad om ’n grondontleder wat
nou in “hydroponics” spesialiseer, in Klerksdorp te
ontmoet. Dit is baie goeie nuus vir ons wat kleiner
tuine het en water wil bespaar. Dit behels ’n stel-
sel wat spesifiek vir jou omstandighede ontwerp
word. Die voordeel is dat ons ook slaaigoedjies kan
pluk en kan gebruik sonder om sand op dit te hê.
Die hele stelsel het ’n “stil” pomp en kan naby jou
huis gebruik word. Indien u nuuskierig is, kan u
na voorbeelde by kwekerye gaan kyk. Ek was ver-
stom oor die drag van die plantjies en hoe min wa-
ter dit gebruik. Doen uself ’n guns en gaan kyk na
die toekoms van oordeelkundige tuinboukunde.
Hou dit groen en organies!
SENWES Scenario • AUG/SEP 2017
55