Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 54

•••• HA N D E LSN U U S Billike prosedures om te volg voordat jy ’n werknemer kan ontslaan IN VANDAG SE MEDEDIN­ GENDE OMGEWING IS DIT TE DUUR OM WERKNE­ MERS TE IN DIENS TE HÊ WIE SE PRESTASIE NIE OP STANDAARD IS NIE. SWAK WERKPRESTASIE KAN JOU BESIGHEID DUUR TE STAAN KOM; NIE NET WEENS DIE FOUTE WAT GEMAAK WORD NIE, MAAR OOK OMDAT DIE HANTERING VAN SODA­ NIGE WERKNEMERS BAIE VAN JOU WAARDEVOLLE BESTUURSTYD IN BESLAG NEEM. B estuurders moet begryp dat swak prestasie wat nie vin- nig aangespreek word nie, in werklilkheid as aan­vaar­­ baar beskou word deur die betrokke werknemer. Die algemene reël is dat mense respek­ teer wat jy inspek­teer, en nie wat jy van hulle verwag nie! Hulle skenk dus aandag aan dit waaraan jy aandag skenk. So, as die gedrag wat jy kry nie is wat jy verwag nie, neem onmiddellik aksie. Die plig om te presteer beteken dat werknemers ’n verpligting het om hard te werk en te presteer en om die werk wat die werkgewer aan hulle toedeel, na die beste van hulle vermoë uit te voer. In terme van die Suid-Afri­ kaan­se Arbeidswet, val swak werks­prestasie onder die breë opskrif van onvermoë. Swak werksprestasie of versuim deur die werknemer om die werkgewer se standaarde met betrekking tot werksprestasie te behaal in terme van kwantiteit en kwaliteit van uitsette, is ’n groeiende probleem. Dit word uitdruklik uiteenge- sit in alle dienskontrakte dat die werknemer onderneem om aan die redelike, wettige en bereikbare werksprestasiestandaardaarde soos gestel deur die werkgewer, te voldoen. Indien die werknemer nie in die uitvoering van sy pligte sou slaag nie, word hy beskou as ‘onbevoeg’ en het die werkgewer die reg om, nadat ’n regverdige proses gevolg is en verseker is dat die ontslag weens ’n billike rede is, die persoon te ontslaan. Dit is egter belangrik om in ag te neem dat in terme van hedendaagse wet­gewing, dissiplinêre aksie be­­ skou word as korrektief, eerder as ’n strafmaatreël. ’N BILLIKE PROSEDURE BEHELS DIE VOLGENDE:  Maak seker dat die probleem swak prestasie is en nie wange- drag nie. 52 OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario  Identifiseer die oorsaak van die swak prestasie.  Gesprekvoering met die werk­ nemer en sy lynbestuurder om die oorsaak van swak prestasie te bepaal.  Bepaal in besonder die werkne- mer se redes vir die swak prestasie.  Evalueer die werknemer se redes vir die swak prestasie.  Verkry die werknemer se verbintenis tot die aksie wat hy gaan neem om die probleem reg te stel.  Lig die werknemer in oor die aksie wat die werkgewer gaan neem om hom by te staan met die proses.  Kom ooreen oor ’n billike tyd vir verbetering.  Volg op en moniteer vordering. As daar een ding is wat jy moet onthou oor hoe om swak preste­ rende werknemers te bestuur, is dit dat dit nie die groot probleem is wat ons dikwels daarvan maak nie. As jy onvanpaste gedrag aanspreek sodra dit plaasvind, sal jy dit nie as ’n las beskou nie, maar as ’n geleentheid om te leer, te ontwikkel en te groei. VERWYSINGS • http://labourlawhandbook.co.za • http://labourguide.co.za • http://www.fortunegroup.com. au • The philosophy of discipline in the workplace – Dr. C. Maritz & Bernard Myburgh