Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 53

••• • • T O E K O MSF O KUS • • het om werk- lik diep te delf om weer die wedstryd met nuwe moed te hervat. Om terug te kyk na wat ons verloor het moet ons nie negatief stem nie - dit moet ons aanmoedig om die moed bymekaar te skraap om selfs beter terug te kom. Ek is mal oor hierdie woorde van ’n vrywillige brandweerman: ‘My courage does not roar... It whispers in my heart. It makes me dig deep and find it in my soul to fight on.’ Weens politieke transformasie moes die Suid-Afrikaanse land- bousektor diep delf en minder staatmaak op regeringsbystand. Die sektor is geforseer om na nuwe inspirasie en leierskap te soek en ondersteuning en oplos­ sings te soek by die privaat sektor en nie-regeringsorganisasies - en boere moes vasberade, veerkragtig en kreatief raak. MOENIE TERUGKYK NIE... DIS NIE WAARHEEN JY GAAN NIE! As ons wil hê die sektor moet vooruitgaan en nie net oorleef nie, is dit ons wat die inisiatief moet neem. Ons moet ons uitdagings in die gesig staar - en ons moet almal ’n bydrae lewer. Ons moet die drywers van verandering op nasionale en internasionale vlak verstaan... en ons moet innoveer! Ons kan iets leer uit “Google se 9 beginsels vir Innovasie”:  Innovasie kom van enige plek. Dit is elkeen se verant- woordelikheid. Ons sektor se sukses benodig ons bydrae.  Fokus op die gebruiker. As ons op die verbruiker fokus, moet dit ons opgewonde maak. Die groeiende bevol­ king het goeie boere en ’n stabiele landbousektor nodig!  Dink 10x, nie 10%. Wees bereid om revolusionêre veranderinge te maak en nie net evolusionêre veranderinge nie. Alhoewel ons uitdagings groot mag blyk te wees, moet ons iewers begin - en bereid wees om te verander.  Wed op tegniese insigte. As landbouers het ons unieke insigte en geleenthede wat tot sektorale ontwikkeling kan bydra.  Begin. Begin net, loods jou produk of idee, leer en ver- beter soos wat jy aangaan. Moenie stagneer terwyl jy na perfeksie streef nie.  Twintig persent tyd. Maklik genoeg! Elkeen behoort 20% tyd te spandeer aan dit waar­ oor hulle passievol is. Dit stimuleer kreatiewe denke en so sal ons ’n beter gemeenskap bou.  Hê ’n oop benadering. Dié benadering sluit in die deel van inligting. Google maak gebruik van die publiek se idees en hulle sê: “Daar is 7 biljoen mense daar buite... die slimste mense sal altyd buite Google wees!” Die beste resultate word behaal wanneer ’n gemeenskap saam werk en bou.  Misluk soms! Daar is niks verkeerd om nou en dan misluk nie - dit is verkeerd om nie te probeer nie. Misluk gereeld, kry dit agter die rug en beweeg vorentoe!  Jy moet ’n missie hê wat saakmaak. Ons werk moet ’n positiewe impak op mense hê. “As jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag” - Jes. 58:10. MOENIE JOU LIG ONDER ’N MAATEMMER VERSTEEK NIE Theo Vorster, HUB van Galileo Capital, glo dat Suid-Afrikaanse produsente onder die beste ter wêreld is, ondanks ’n vyandige omgewing. Produsent Charl Senekal het tydens ‘Nasie in Gesprek” gesê dat die welwillend­ heid van kommersiële produsente onderskat word. Hy stem saam met Washington dat “Boerdery die belangrikste loopbaan is wat enigiemand kan volg. Ons moet die volk voed. Ons moet bekostig- bare, kwaliteit voedsel vir die volk produseer. Boerdery gee terug aan die mense en sit terug wat nodig is in hulpbronne en beskerm dit.” Wanneer ons netwerk en skakel met landbou-ondernemings, leer ons van top akademici soo s prof. Mohammad Karaan, wat sê dat landbou ’n belangrike deel van die ekonomiese toekoms van Suid-Afrika moet vorm. Absa se Landbouvooruitskouing 2017 beklemtoon dat nuwe tegnologie geleenthede skep vir landbou om die verbruiker se besigheid te bekom deur direkte besigheid en Afrika-tendense soos verstedeli­ king, groei in inkomste en ingeligte verbruikers, wat almal belegging in landbou ondersteun. Hierdie waarhede ondersteun ons entoesiasme vir ons sektor. Uitdagings bestaan. Ons moet hard daaraan werk om ander te oortuig om die nodige waarde aan ons sektor te heg. Ons moet erkenning kry vir die positiewe bydraes wat ons maak en ons moet verbeter op ons swak punte. Ons het soveel om te bied. Ons moenie opgee nie. Ons moet ons- self daartoe verbind om telkens beter terug te keer... want dit is die regte ding om te doen. SENWES Scenario • OKT/NOV 2017 51