Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 49

••• • • D RUPPE L S O P D IE DA K • • Westelike produksiegebied: El Niño/La Niña-episodes: Afwyking van die 5 jaar lopende gemiddelde opbrengs. VERWAGTE REËNVAL VIR DIE PERIODE SEPTEMBER 2017 TOT JANUARIE 2018 (SUID-AFRIKAANSE WEERDIENS) Die Weerburo het teen die einde van Augustus 2017 die seisoensverwagting gepubliseer. Die kaarte word hierna verskaf. Die Weerburo voorspel onder- gemiddelde reënval vir die voorjaar, dit wil sê vir September tot einde Oktober 2017. Vir die periode November tot einde Januarie 2018 voorspel die Weerburo ’n goeie kans vir reën oor die sentrale somerreënvalgebied van Suid- Afrika. Dit is veral die periode waartydens die somerseisoen se oes gemaak of gebreek word. Alhoewel die kaarte nie voorsien word nie, voorspel die Weerburo nie wesenlik hoër temperature vir die midsomerseisoen nie. Dit as sulks gee mens redelike moed vir die komende seisoen. Vir die voorseisoen, dit wil sê vir die periode September tot middel November, word wel bo-gemiddelde temperature voorspel. Dit is gelukkig voor die reproduktiewe stadium van die somergewasse en behoort gewasprestasie nie wesenlik onderdruk te word nie. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Met die draai van die afgelope seisoen, is gerugte die wêreld ingestuur dat ons weer ’n El Niño-tipe seisoen kan verwag, wat gewoonlik tot sub-optimale en soms katastrofiese gewasprestasie aanleiding gee. Ons was redelik in sak en as. Die belangrikste weervoorspellingsdienste het egter hul voorspelling intussen verander en word daar ’n neutrale tipe seisoen voorspel. Dié tipe seisoen gee gewoonlik aanleiding tot gemiddelde tot bo-gemiddelde gewasprestasie. ’n Somer wat later kan begin, met hoër as normale temperature, word voorspel. Daarna behoort dit ’n redelike gunstige verloop van sake te wees. Ons vertrou dat dit so sal wees. SENWES Scenario • OKT/NOV 2017 47