Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 46

•••• G RAA N M AR K VO O R U I T S I GT E September 2017 > VERVOLG VAN BLADSY 43 ties gestyg het na aanleiding van die droogte wat in die noordelike state van die VSA geheers het. Hoe hoër die HRW koringprys, hoe laer is die berekende invoer- tarief wat bereken word en wat gebruik word in die berekende invoerpariteit wat gewoonlik reflekteer in die JSE koringprys. Die Amerikaanse HRW koring- prys en die JSE koringprys het gelukkig gestabiliseer. Die invoer- tariefberekeninge moet egter fyn dopgehou word. Dit kan geraad- pleeg word op Sagis se webblad. Grafiek 4. Amerikaanse Harde Rooi Winter en Safex-kontantkoringprys. Oliesadekompleks: Sonneblom en sojabone: Na aanleiding van die sewende oesskatting van die NOK, bere­ ken die NAMC dat die bere­ ken­de oordragvoorraad van sonneblom oor die 192,000 ton vir die bemarkingsjaar kan wees. Die sonneblomoesskatting is aansienlik hoër aangepas. Die sonneblom­prys wat tans realiseer op die JSE is laer as die berekende afgeleide invoerpariteit. Relatief groot oordragvoorrade en ver- wagte uitbreiding in die opper- vlakte is die hoofredes. Die meegaande grafiek dui die seisoenale prystendens van sonneblom aan. Die NOK dui ’n verwagte oes van 870,095 ton aan en die NAMC dui ’n berekende oordragvoorraad van 142,000 ton aan. In die geval van beide sonneblom en sojabone bestaan die persepsie dat die aanplantings redelik uitgebrei gaan word die komende seisoen. Die ooraanbod van mielies en gevolglike lae prys is die hoofredes. Beide die sonne­ blom- en die sojaboonprys sal vanjaar waarskynlik stadiger styg na Desember as ander jare. Volgens die berekeninge van die 44 Grafiek 5. Die langtermyn seisoensprysverloop van die sonneblom (Spotprys) op Safex. NAMC, gaan ons eindig met ’n oordragvoorraad van 223,662 ton. Die sojaboonaanbod is hoër as die vraag en daar sal waarskynlik ongeveer 30,000 ton uitgevoer moet word. Die sojaboonprys verhandel tans ook laer as die berekende uitvoerpariteit. Die verwagting is dat die seisoenale tendens gevolg gaan word. Ook in die geval van oliesade moet die produsent in voeling bly met sy graanbemarkingsadviseur. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Die huidige prysvlak van al die somergewasse is tans steeds onder groot druk. Die someroes word met elke NOK-skatting groter, veral ten opsigte van die mielie­ situasie. Ons hoop en vertrou dat veral mielie-uitvoere op dreef sal OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario kom, sodat die oordragvoorraad kan daal en pryse kan herstel. Dit is veral ten opsigte van wit- mielies waar daar gesukkel word om buitelandse markte te skep. Witmielies is nie ’n gewilde diere­ voer in die buiteland nie en die plaaslike witm