Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 42

•••• NUUS Fokusgroepe was deel van tydskrifnavorsing I 40 n die volgende fase van die Scenario navorsing is indiepte studies met fokusgroepe onder Senwes produsente gedoen, wat Vrystaatse dorpe en stede ingesluit het soos Bothaville, Wesselsbron, Bloemfontein en Kroonstad, asook Potchefstroom in die Noordwes en Hartswater in die Noord-Kaap. Senwes Scenario het die fokusgroep in Hartswater besoek waar Lida Groenewald van die onafhanklike maatskappy, MarkData, die fokusgroepe gelei het. By hierdie fokusgroep was daar vyf produsente wat hulle opinies en insette met ons gedeel het. Hier is die tydskrif, soos tydens die ander fokusgroepe en honderde telefoniese onderhoude, uit verskeie oogpunte bespreek en was dit goed om die reaksie van Die Hartswater fokusgroep is bygewoon deur die volgende produsente: Grobbie Pienaar, Jaco Vermeulen, Marli Grobbelaar, Wessel van der Merwe en Sarel Viljoen. produsente eerstehands te ervaar. Die navorsingsproses is al ver gevorder met vraelyste wat vroeër in 2017 opgestel is, sms’e wat in Juliemaand uitgestuur is, fokusgroepe wat gekonsulteer is en honderde telefoniese onderhoude wat in Septembermaand ten einde geloop het. Ons stel bekend NAVORSING IS TOEKOMSGERIG Navorsingsresultate gaan nou deeglik bestudeer word en in 2018 in werking gestel word. Weereens baie dankie vir al ons produsente se insette. Dit word opreg waardeer en verseker dat ons aan ons gewaardeerde Senwes Scenario lesers se behoeftes voldoen. KynoPlus ® die stikstofkragbron. Dryf jou gewasse aan met N-hanced-N ™ , ‘n nuwe kategorie ∑nhanced stikstofprodukte KynoPlus®, die eerste produk in ‘n nuwe reeks N-hanced-N™ stikstofdoeltreffende kunsmismengsels. ® KynoPlus®: • Word aangedryf deur AGROTAIN®, ’n vervlugtigingsinhibeerder wat stikstofdoeltreffendh